Hartland en heerlike pampoentert

2015-12-17 06:00
Die lekker houthuis by Speekhout Boomhuis waar jy in ’n 1000 jaar oue rooikaree bly. Foto: Clifford Roberts

Die lekker houthuis by Speekhout Boomhuis waar jy in ’n 1000 jaar oue rooikaree bly. Foto: Clifford Roberts

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

voertuig ons anderkant uit moet tou. Teen ’n slakkegang verken ons die res van die gebied verby Doodsklip, Pisgoedvlakte, Bergplaas.

Jy styg hoog bo die bergpieke en daal dan af in klowe, ry deur waterstroompies met ruie bosse wat herinner aan die Knysnawoud.

Anderkant die wildernisgebied uit slaap ons oor by die Baviaanskloof-lodge. Hantie Robertson vertel ons oor aandete baie Baviaanskloof­staaltjies en bedien die heerlikste pampoentert –die uitroepteken agter ’n lá-á-áng dag vol lekkerte!

. Meer inligting oor alles wat jy in die kloof en reservaat kan ervaar, is beskikbaar by Jane Zaayman by 044 923-1702, tourism@baviaans.co.za of www.baviaans.co.za.

AS jy die stadsgeraas vir die geluid van uil en visarend wil verruil, dan is die Baviaanskloof die ideale plek om dié somervakansie te gaan wegkruip.

Iemand noem vir my die beste beskrywing van die Baviaanskloof is “the land before time”, daardie fliek wat ons ’n dekade of twee terug gekyk het. Daar is rotspoele en watervalle en 1 000 jaar oue bome; verblyf in grotwande; fietsroetes; en viertrekroetes en staproetes in klowe waar jy amper kan glo jy is alleen op aarde.

Buiten die natuurskoon, slaan die mense se vriendelikheid jou voete onder jou uit.

Hantie Robertson van die Baviaanskloof Lodge aan die ander kant van die kloof het vooraf gewaarsku ons moet in Willowmore of Uitenhage die brandstoftenk vol maak – afhangend van watter kant ons kom. Toe ons Willowmore agterlaat, word die brosjures en kaart wat ons by Jane Zaayman in die Baviaans-toerismekantoor op die dorp gekry het ons toergids.

Dan sluit die kloof vir altyd

Ons ry deur die Nuwekloofpas wat beskou word as die amptelike ingang na die Baviaanskloof, verby Raaskrans en stop by die Baviaanskloof-sleutel (’n rotsformasie) vir foto’s. Ek lees dat as daardie rots val, dit die kloof vir altyd sluit.

Ons kele is droog toe ons by die Uitspan-gasteplaas inry vir middagete. Die plaas is enige buitelug-entoesias se droom: stap-, fietsry- én viertrek­roetes, rotstekeninge, hordes voëlspesies, kampplek onder die bome, selfsorg-huisies, ’n foefieslaaid, ’n lieflike dam en selfs ’n piekniekmandjie vir kuierstappers.

Nie ver daarvandaan nie is die Makkedaat­grotte – verskeie oornaghuisies in grotwande. ’n Entjie verder stop ons om die Sewe Dwergies in die spesifieke rotsformasies voordat ons indraai by Speekhout, waar ons in die boomhuis in ’n 1 000 jaar oue rooikaree gaan slaap.

’n Lieflike plek met sy eie stoepie, slaap- en eetkamer, kombuis en buitebadkamer.

Saans stort jy onder die sterre en hoor die donkies in die veld; soggens raas die gepik-pik van voëltjie­snawels jou wakker – hul ontbyt is die insekte teen die ruite.

Soos jy verder deur die kloof ry, word maklik koffie gemaak; karringmelkbeskuit uitgehaal. Die mense deel graag hul gesels en geliefde aarde met besoekers.

Heuning!

By Vero’s Restaurant & Craft Shop smul ons aan vars roosterbrood met heuning van Bo-Kloof, sluk dit af met rooibostee en val weer in die pad.

Die name gly verby: Vensterklip, Vleikloof, Verlorenvlei en toe . . . Bo-Kloof – heuning! Quintis en Anina Bezuidenhout maak ook heerlike heuningslaaisous en -asyn.

Hul plaas het ook ál die buitelug-lieflikhede van hul bure, maar perdry is hier baie gewild.

Anina wys foto’s van die Waterkloof-staproete, waar jy horingoue boomvarings en sederbome kan sien. En as dit jou beskore is, sal Skollie die legendariese hond jou toergids wees.

Volgende is die Bavijaans-padstal. Die stoepsit met pienk melkskommel en toebroodjies is salig.

Die volgende stop is Zaaimanshoek, die Baviaanskloof se Konkerk­nedersetting.

Ooms lig hoedjies met klein veertjies in; kinders waai skaam voordat hulle verder aan-aan of bok-bok speel.


Houthuisie by die dam

Laatmiddag, met die kamera se geheuekaart byna vol en ’n voertuig vaal van die stof, draai ons by die Doringkloof-boskamp in. Die braaipak en roosterkoek wat ons vooraf bestel het, is pure plaas­lekkerte. Ons houthuisie is by die dam en die maan maak patrone op die water.

Vroegoggend raas die vinke ons wakker, en koffie in die hand gaan sit ons op die stoep en kyk hoe die mannetjies nes bou.

’n Ses uur lange rit deur die Wildernisgebied van die Baviaanskloof lê voor. Ons word gewaarsku dat jy eintlik ’n viertrekvoertuig nodig het.

Ons kruip teen 20 km per uur deur die ongereptheid. Daar is nie kans vir uitklim nie – buffels loop daar rond. Ons kruie verby Geelhoutbos, Keerom en Grasnekpas, voordat ons by Smitskraal ons piekniek-proviand uithaal. Daar is vele ander voertuie en almal bied hulp aan, sou ons vasval in die diep water van Smits­kraal.

Ons gly!

Ons is daar deur sonder probleme, maar by Rooihoek gly die motorbande só erg dat ’n ander

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.