Helpende Hand het omgee-hart vir Humansdorp

2017-04-13 06:00
Solidariteit Helpende Hand-lede (voor) Lizaan Pretorius (voorsitter), Chrisma Vorster, Hetta Lindeque (tuisgenoot), (agter) Toekie Landman, Elsabé Meyer, Minette de Jager en Juanita de Jager (Ons Winkel -kontrakteur), het ’n omgee-hart vir die minder-bevoorregte inwoners van Humansdorp.         Foto:VERSKAF

Solidariteit Helpende Hand-lede (voor) Lizaan Pretorius (voorsitter), Chrisma Vorster, Hetta Lindeque (tuisgenoot), (agter) Toekie Landman, Elsabé Meyer, Minette de Jager en Juanita de Jager (Ons Winkel -kontrakteur), het ’n omgee-hart vir die minder-bevoorregte inwoners van Humansdorp. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE nie-winsgewende Solidariteit Helpende Hand Humansdorp-tak het die afgelope twee jaar verskeie lewens in die gebied aangeraak - van kleuters tot bejaardes.

As daar nood is, groot of klein, sal dié tak inspring en help.

Behoeftige kleuters in die Wielie Walie Opvoedkundige Sentrum kry danksy Helpende Hand se Kosblikkieprojek elke dag ’n warm bord kos. “Vir sommige is dit die enigste voedsame kos wat hulle die dag inkry,” sê Solidariteit Helpende Hand streekorganiseerder Marlene Basson.

Daarbý betaal die tak ook die skoolfonds van een van die Graad R-leerders.

Behoeftige meisies van die Hoërskool Nico Malan ontvang gereeld sanitêre ware deur die HelpHanna-projek. Die tak het ook skryfbehoeftes vir die skool ingesamel en skoolsweetpakke vir behoeftige leerders aangekoop.

Die Laerskool Stulting is al twee jaar deel van hul Skooltassieprojek wat jaarliks skooltasse propvol skryfbehoeftes aan behoeftige graad 1-leerders oorhandig. Hulle ontvang ook sanitêre produkte.

Die skool is een van drie skole in die Oos-Kaap wat ’n Juffrou se Skatkis ontvang het. Die skatkis bevat skryfbehoeftes, pragtige Afrikaanse plakkate, legkaarte, blokkies en ’n springtou. “Verder is daar ’n verskeidenheid handleidings in die kis, wat daarop gemik is om al die grondslagfaseklasse van skole te bevorder,” sê Basson.

Die span samel benodigdhede in vir twee kinders wat op ’n skooltoer na die Burgerstrandhuis gaan.

In Maart vanjaar het die Humansdorp-span nie-bederfbare kos vir behoeftige gesinne in die gemeenskap ingesamel.

Humansdorp is een van die gelukkige dorpe wat ’n Helpende Hand Tuisgenoot het. Dié Tuisgenoot, Hetta Lindeque, ondersteun sewe bejaardes maandeliks met kruideniersware.

Volgens Basson word die kruideniersware deur die Humansdorp-tak self befonds. Lindeque doen die aankope en kuier by die ontvangers.

“Ons bedank al ons lojale ondersteuners,” sê Basson. “Sonder sulke wonderlike mense en organisasies sal ons nie kan doen waarvoor ons so lief is nie - om ’n positiewe verskil in minder bevoorregte inwoners se lewens te maak.”

Inwoners en ondernemings kan betrokke raak deur R50 ’n maand of skenkings van hul keuse by te dra.

  • V).

Besoek hul Facebook-blad by Solidariteit Helpende Hand Humansdorp-tak.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

Weird things dogs do

Caught your dog doing something... well a little bit odd? Don’t worry, there’s a simple explanation for his behaviour.

 
 

Paws

Makeover saves dog’s life
For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.