Hengelaars maak skoonskip in groot stryd

2015-11-26 06:00
; Rian Raubenheimer (skipper), Kobus Wait, Bossie, Ari Kraak en Johan Saunders staan met die bielie wat hulle tydens die jaarlikse tunaderby in Houtbaai gevang het. Die geelvin was teen 90kg die grootste vis van die kompetisie.              Foto: VER

; Rian Raubenheimer (skipper), Kobus Wait, Bossie, Ari Kraak en Johan Saunders staan met die bielie wat hulle tydens die jaarlikse tunaderby in Houtbaai gevang het. Die geelvin was teen 90kg die grootste vis van die kompetisie. Foto: VER

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE katrolle het onlangs lekker geskree in soeke na dáái tuna.

Die gesoute hengelaars Rian Raubenheimer (skipper), Kobus Wait, Bossie, Ari Kraak en Johan Saunders het onlangs hul staal tydens die jaarlikse Two Oceans Tunaderby in Houtbaai, Kaapstad gewys toe hulle die grootste geelvin-tuna aan wal gebring het asook met die tweede prys, die prys vir die top-boot en die prys vir die beste en tweede beste hengelaar weggestap het.

Team Bluwater se bielie wen-geelvinne het die skaal op onderskeidelik 90kg en 86kg laat kreun.

Die eerste twee dae van die vyf-dag kompetisie, geborg deur Two Oceans Marine, is weens gure weer afgestel. Op die derde dag, die eerste hengeldag van die kompetisie, het 33 bote meegeding in die hoop om die grootste vis aan die hoek te kry.

Van die 36 geelvinne wat op die dag gevang is, is 13 deur Team Bluwater ingebring. “Ons swaarste geelvin die dag het die skaal op 90kg getrek, terwyl ons tweede swaarste vis teen 86kg ingeweeg het,” vertel Raubenheimer. “Ongelukkig, volgens die reëls van die kompetisie, mag slegs twee visse per dag geweeg word. Ons het ’n hele paar geelvinne van oor die 70kg op die dag gevang.”

Die gedugte span het sommer met die intrapslag die toon vir die kompetisie gestel en met die titels van top-boot, top-hengelaar en grootste en tweede grootste vis voorgeloop.

“Dag twee was ’n moeilike dag op die see weens gure weer en sterk noord-weste winde. Teen 12:00 is die kompetisie vir die dag gekanselleer,” sê Raubenheimer. “Slegs 16 bote het die dag see toe gegaan, waarvan ons boot die enigste was wat drie geelvinne gevang het.”

Dié drie visse het gesorg dat hulle as die top-boot vir die dag aangewys is en weer die wenners van die grootste en tweede grootste vis vir die dag.

Volgens Raubenheimer was dag drie ’n fantastiese dag op see, maar die visse wou nie saamwerk nie en die grootste vis wat hulle kon intrek het 69kg geweeg.

Raubenheimer skryf hul sukses toe aan baie harde werk op die see. “Ons is nie lui nie en gee nooit moed op nie. Ons vang tot op die laaste minuut toegelaat vis,” sê hy. “Ons is dankbaar vir die positiewe jaar wat ons as ’n span gehad het.”

Team Bluwater het vroeër vanjaar skoonskip gemaak tydens die Offshore Classic in Gordonsbaai en die eerste én tweede plek ingekatrol met ’n vangs van onderskeidelik 99.7kg en 83.8kg.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.