Heup, heup, hoera!

2016-07-07 06:00
Edward McLean van Jeffreysbaai, wat ’n dubbele heupvervanging ondergaan het, het dit sy doel gemaak om fondse in te samel vir diegene wat prostese benodig, maar dit nie kan bekostig nie. Hy verkoop nou skilderye van die Springbokke en All Blacks se embleem.                                            Foto: MONIQUE BASSON

Edward McLean van Jeffreysbaai, wat ’n dubbele heupvervanging ondergaan het, het dit sy doel gemaak om fondse in te samel vir diegene wat prostese benodig, maar dit nie kan bekostig nie. Hy verkoop nou skilderye van die Springbokke en All Blacks se embleem. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SO gesê, so gedaan.

Slegs maande na sy tweede suksesvolle heupvervanging, beywer Edward McLean (58) van Jeffreysbaai homself om ander mense wat in ’n soortgelyke posisie waarin hy was, te help. Hetsy dit ’n heup, skouer of knie is wat vervang moet word.

Hy het twee jaar gelede onderneem om alles in die stryd te werp om ander mense te help sodra hy weer op die been is.

“Ek wil die stem wees vir die honderde mense wat op onder meer ’n heupvervanging wag, maar nie die geld het om daarvoor te betaal nie,” sê McLean wat meer as vyf jaar in erge pyn moes leef weens sy heupe wat ver-krummel het.

McLean span nou sy skilderkuns in, een van sy vele talente, om fondse vir diegene wat prostese benodig in te samel, maar dit nie kan bekostig nie.

Hy verf en verkoop skilderye van die Springbokke en All Blacks teen R500 elk. Die wins word aan Ortho Pro oorbetaal, ’n organisasie wat prostese vervaardig. Dié geld word gebruik om prostese te koop vir pasiëte wat al jare op ’n waglys is.

“Ek bid en vra dat rugby-entoesiaste en Kouga-inwo-ners my ondersteun,” sê McLean.

Die McLean-gesin van Jeffreysbaai moes R42 000 insamel vir ’n dringende dubbele heupvervanging, of McLean kon die gebruik van sy bene vir goed verloor het. Die operasie self was gratis by die George Provinsiale Hospitaal uitgevoer, maar McLean moes vir die prostese betaal.

Sedert sy heupe as gevolg van die langdurige gebruik van medikasie begin verkrummel het, was daar nie ’n dag wat hy nie in pyn geleef het nie.

McLean se linkerheup is op 21 Januarie 2015 vervang, terwyl sy regterheup op 13 April, vanjaar vervang is.

Nou, slegs ’n paar weke na die tweede operasie, kan McLean vir die eerste keer in meer as vyf jaar altwee sy bene reguit maak en met die hulp van slegs een kruk loop. Maar dié kruk se dae is ook getel, sê hy laggend. “Sodra ek stewig op my bene kan staan, is dit good bye vir meneer Kruk.

Volgens McLean was die eerste dag na sy tweede operasie baie emosioneel. “Ek kan die gevoel nie beskryf nie. Ek kon nie eers my been oplig nie en moes weer leer loop.

“Ek het al op die strand gaan staan en in my geestesoog gesien hoe ek weer visvang - iets wat ek ses jaar gelede kon doen,” sê hy.

Vir meer inligting, skakel McLean by 079 337 0530 of 060 804 8913.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.