Hier vind jy vrede en heuningbos

2016-03-31 06:00
George Ferreira by die heuningbos-bergteeplantjies wat hy begin kweek.                      Foto’s: mariska spoormaker

George Ferreira by die heuningbos-bergteeplantjies wat hy begin kweek. Foto’s: mariska spoormaker

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY hou die klein takkie met die fyn blaartjies uit sodat ons mooi kan sien hoe lyk heuningbos, besonderse kruieteeplant uit Suid-Afrikaanse bodem.

Ek kyk verby die fyn plantjie na die vereelte boerehand en kan nie glo dat hierdie kalmbedaarde George Ferreira eens haastige Gautenger was nie.

Hy lyk pure Lang­klower, een wat uit hierdie aarde se grond opgestaan en vandaar af net verder gegroei het. Maar dan is sy van Ferreira . . . ’n onbetwisbare “Langkloof-tjap”, want meer as tweehonderd jaar gelede was ’n Ferreira mos een van die oorspronklike volksplanters in die kloof.

Tee en geduld

Jip, dié Ferreira is nou terug op die familieplaas op die Heights. ’n Plek van vrede, vlei, bees en heuningbostee, ’n groot onderneming waarby hy en die uitgebreide familie betrokke is.

Hul plaas is een van vele op die R62-roete in die Langkloof waar die heuningbos (Cyclopia inter­media, ofte wel bergtee) nog wild groei.

Die aanvraag is egter deesdae só groot (die Duitsers is veral mal hieroor) dat die plantjies ook gekweek word.

“Maar dit gaan stadig,” verduidelik hy by die houertjies onder die skadunet, “ons moet maar geduldig wees.”

Geduld. Ja, daarvan het sy voorsate in oormaat deur hul armoede as pionierboere, deur vloed, stormwind, droogte en verterende vuur gehad, maar steeds dié beginsel uitgeleef: sorg goed vir die natuur, dan sorg sy goed vir jou. Só was dit meer as tweehonderd jaar gelede, só is dit vandag nog vir die Ferreiras van die Heights.

Dis asof Ferreira hardop bid wanneer hy oor die uitkap, fynmaal, fermentasie en uitdroog van die plantjie praat, want só heilig is die helende eienskappe van die heuningbos vir hom.

Dis Suid-Afrika se trots en moet tot in die tiende geslag én daarna in die veld behoue bly – dis nie net ’n kruieplantjie waarmee geld gemaak kan word nie.

Dié dat jy nie ’n deftige motor of huis op hul plaas sal kry nie.

Eenvoud is die wagwoord vir ’n volhoubare natuurryk.

Die huis is klein, maar vol van alles van heuningbostee – selfs ’n paar ­eksperimente waaraan ons mog proe, maar nie oorvertel nie, want dis nog ’n geheim. Daar is ook ’n verkyker, voëlboeke, natuurboeke en John Manning se Field Guide to Fynbos, die bybel van fynbos-literatuur.

Ferreira wíl alles weet, want wanneer die natuur jou hulpbron, jou inkomstebron is, moet jy álles weet. Hoe die een skakel die ander in stand hou.

Behandel die natuur soos ’n produksielyn in ’n fabriek waar jy alles anders uitsluit ter wille van die vervaardiging van één produk, dan laat jy jou nageslagte met ’n barre aarde agter.

Bogenoemde is nié dié plaasman se direkte woorde nie, want hy is nie die prekerige soort nie, maar dis wel die somtotaal van sy gesprekke.

Raar

Pure Langklower-karakter. Lewensbeskouing kom in gesprekspaaiemente uit, dit word nie dadelik op ’n bordjie aan die besoeker bedien nie. Kommersiële toerisme is hier nog ’n vreemde begrip.

Daar is tog iets wat krap, vertel Ferreira rustig verder, en dís dat die Duitsers die waarde van heuningbostee baie beter as Suid-Afrikaners besef. Voer dit in grootmaat uit na Duitsland, verpak dit daar en voer dit dan weer in na Suid-Afrika. “En dít maak dit soveel duurder,” sug hy.

Verder is dit ook moeilik bekombaar op die “gewone” Suid-Afrikaanse winkelrak. As jy gelukkig is, sal jy dit wel in nis- of gesondheidswinkels kry.

Hy gee ons elk ’n kilogram-sakkie heuningbostee. Weier om geld te neem. “Gaan proe dit net. Dis nog baie lekker ook.”

Inderdaad.

En ek verbeel my ek is nog baie gesonder ook, want hoor net wat is heuningbostee se goeie eienskappe:

. Dit bevat pinitol, ’n natuurlike hoesmiddel wat help om van slym ontslae te raak. (Vroeër jare is die heuningbostee in grootmaat deur die Witwatersrand se teringhospitale, asook die mynmaatskappye vir die myners, aangekoop.)

. Pinitol help ook bloedsuiker reguleer en is goed vir diabete wat hul energievlak konstant wil hou.

. Dit bevat ook kragtige antioksidante wat help om kanker af te weer, lae beendigtheid teen te werk, cholesterol te verlaag, oor bakteriële- en swamwerende eienskappe beskik, én krampwerend is.

. Dit bevat min tannien en kafeïen, maar spog met gesonde inhoud soos kalium, yster, sink, magnesium en vitamien C.

Wil jy kuier of bestel?

Stuur ’n e-pos aan ­George Ferreira by honeybush@tiscali.co.za of bel hom by 082 458 3725 of 087 350 3367.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.