Híér word suiwer organiese heuningbos gepluk

2016-10-27 06:00
By die verwerkingsaanleg Melmont Heuningbostee op die plaas Nooitgedacth buite Kareedouw, boer Quinton en Eunice Nortje met heuningbostee.                Foto: MONIQUE BASSON

By die verwerkingsaanleg Melmont Heuningbostee op die plaas Nooitgedacth buite Kareedouw, boer Quinton en Eunice Nortje met heuningbostee. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

NA ongeveer 36km van kronkelende bergpad en loodreg afgronde; verby nuuskierige skilpaaie, ’n pikante houthuis en ’n plaasskool waar kinders vriendelik deur die heining loer; stop ek in ’n groot stofwolk by die verwerkingsaanleg Melmont Heuningbostee op die plaas Nooitgedacht buite Kareedouw. Op dié plaas, knus geleë in die beskermde boesem van die reusagtige Kougaberge, kom heuningsbos nog wild in die veld voor.

Hier ontmoet ek die eienaar en heuningbostee-produsent, Quintin Nortje, sy vrou, Eunice, en die plaasbrak Basie om meer oor die besonderse kruieteeplant, glo enige bors-kwaal se Moses, te hoor.

Maar eers ’n nattigheid vir die droë en stowwerige keel voor die groot vertel begin. Te laat besef ek dat dit seker nie die regte ding is om vir koffie op ’n teeplaas te vra nie. Ek onthou nou nog die geskokte uitdrukking op my gas-here se gesigte.

Heuningbostee

Nortje, die vyfde geslag om hier te boer, is sedert 1980 terug op die familieplaas in die Langkloof. Dit is ’n plek van stilte, gasvryheid, heuningbostee, skaap en bees, waarvan heuningbostee die grootste bron van inkomste is.

Hul plaas is een van vele op die R62-roete waar die heuningbos (Cyclopia intermedia, oftewel bergtee) nog wild groei.

Hy neem my na sy koninkryk - die verwerkingsaanleg. Eers moet ons voete afspoel voor ons kan ingaan. Die internasionale standaarde vir uitvoerprodukte is baie streng. Die soet reuk van moskonfyt hang swaar. Dit is hoe Nortje die reuk van die warm heuningbos beskryf. Sy vrou meenweer dit ruik soos ge-stoofde perskes.

Nortje praat passievol oor die uitkap, fynmaal, fermentasie en uitdroog van die plantjie

“Heuningbostee was nie altyd so gesog nie. Vroeër jare is die tee sommer self in die kombuis op ’n ou koolstoof gemaak en as ruilmiddel vir onder meer koffie en suiker gebruik,” sê hy. “Later jare is die heuningbostee hoofsaaklik aan hospitale en myne voorsien.”

Volgens hom was alles met die hand gedoen - van die pluk tot die opkerf van die heuningbos – en dit was ’n baie tydrowende proses.

Die aanvraag het oor die jare só toegeneem dat ’n ander plan gemaak moes word. So gesê, so gedaan. Die eerste voedselkerwer het in 1993 sy weg oor die berge na Nooitgedacht gevind. Nie net het dit die kerf van die heuningbos bespoedig nie, maar hulle kon die teeblaartjies ook fyner versnit.’n Nuwe wêreld vol moontlikhede het oopgegaan. Vir die eerste keer was die heuningbos fyn genoeg om in teesakkies te sit.

Daar is twee verskillende snitte: 1mm vir teesakkies en tussen 2mm en 3mm vir los gebruik in ’n teepot.

Nog ’n vernuwing is ’n eerste-in-sy-soort vlekvrye staaldrom waarin die plante teen 61°C sweet sodat dit lekker kan fermenteer. Voorheen is die plante op ’n hoop gegooi om te fermenteer, maar dit was moeilik om die temperatuur te beheer en swamme het op die buitenste laag gevorm. ’n Onaanvaarbare si-tuasie dus, beklemtoon Nortje.

Na die ferementering word die heuningbos op droograkke in die son gesit en daarna verpak..

Die hele proses duur nagenoeg ’n week.

Die gehalte word nougeset gemonitor.

Volgens Nortjie moet jy geduldig wees as jy die volwaardige geur van die heuningbos wil kry. Hoewel die plant reeds op twee jaar volgroei is, wag hulle tot vyf jaar voor hulle pluk om sodoende die beste heuningbostee moontlik te waarborg. “Hoe ouer die plant is, hoe beter is die geur en smaak,” sê hy. “Sodoende verseker ons ook die volhoubaarhied van die plant. Dié plant moet vir die volgende vyf de-kades én nog jare daarna in die veld behoue bly.”

Hoekom juis die naam heuningbos? “Die heuningbos het ’n helder geel blom was soos heuning ruik,” sê hy.

Volgens Nortje speel die heuningbostee ’n groot rol in die verskaffing van werk aan plaaslike inwoners.

Nortjie verskaf jaarliks 20 ton heuningbostee aan Japan, Duitsland, Engeland, en Rooibos, asook aan plaaslike padstalle, die koöperasie en gesondheidswinkels.

Die Vereniging vir Produsente van Heuningbostee waak oor die gehalte van uitvoertee.

Heuningbostee se goeie eienskappe

Heuningbostee is goed vir mens en dier.

  • Dié tee is vry van enige alkaloïdes en het ’n kafeïen-inhoud van minder as 0,1 %.
  • Dit bevat slegs 0,45% tannies (dus baie min stimulante).
  • Heuningbostee is ook ryk aan kalsium, yster, magnesium, sink, kalium, mangaan, natrium, koper, fosfor, en boor.
  • Van die aangemelde voordele is onder meer die voorkoming van malaria (indien gereeld verbruik), ’n tonikum teen verkoues en griep, die verbetering van eetlus asook artritis, die opklaar van infeksies van die slymvlies van die neus, ore en maag en pulmonale tuberkulose, die verbetering van spysvertering, sekere voordele vir die kardio-vaskulêre stelsel (verlaag bloeddruk), verligting van velaandoenings, soos ekseem en psoriase, verligting van menopouse-simptome (natuurlike plantestrogeen), voorkoming van bors-, prostaat- en uteruskanker en vermindering van die ri-siko van osteoporose.
  • Dit het ook antifungus- en antivirus- eienskappe, dit verlaag cholesterolvlakke asook vetvlakke en is ’n kragtige anti-oksidant en antidepressant.

Hulle gee my ’n boksie heuningbosteesakkies om by die huis te gaan proe. Die pakkie met die los teeblare word eenkant gesit - hulle het gou besef díé stadsmeisie met die groot koffielus sal nie weet wat om daarmee te maak nie.

“Laat dit eers goed trek,” gee Quintin Nor-tjé en sy vrou Eunice vir oulaas raad.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.