Hoof het passie vir skool

2016-02-04 06:00
Johan Dippenaar, nuwe skoolhoof by Laerskool Jeffreysbaai, sê hy is opgewonde oor die nuwe uitdaging en beoog om leerders aan te moedig om hul volle potensiaal te bereik. By Dippenaar is hoofseun Kurchwin Rispel en hoofdogter Megan Heppell.         Foto: MONIQUE BASSON

Johan Dippenaar, nuwe skoolhoof by Laerskool Jeffreysbaai, sê hy is opgewonde oor die nuwe uitdaging en beoog om leerders aan te moedig om hul volle potensiaal te bereik. By Dippenaar is hoofseun Kurchwin Rispel en hoofdogter Megan Heppell. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY is lief vir kinders, passievol oor die onderwys en doelgerig in sy benadering.

Met dié eienskappe wil die nuwe skoolhoof van die Laerskool Jeffreysbaai dié skool en sy leerders help om hulle volle vermoë te bereik.

Johan Dippenaar (46) het op 1 Februarie, vanjaar die leisels as skoolhoof by Deon Grobler oorgeneem.

Dippenaar se passie vir die onderwys lê diep in sy hart.

Toe hy vir die eerste keer voor sy eie klas staan, het hy geweet hy kon nie ’n beter be-roep gekies het nie - dit is waar hy moet wees.

Volgens Dippenaar was hy al vir ’n tydperk uit die onderwys, maar al waaraan hy kon dink was ’n klaskamer vol leergierige jongelinge, die swartbord en die reuk van bordkryt.

“Ek was nog jonk, maar ek het geweet daar is ’n groter doel vir my in die onderwys en dat dit my kans is om ’n verskil in kinders se lewens te maak,” sê Dippenaar.

Dippenaar het in 1994 sy eerste tree as onderwyser in Pretoria gegee, waarna hy in 1996 na Jeffreysbaai verhuis het. Hier het hy vir ’n jaar by die Laerskool Jeffreysbaai as onderwyser afgelos, en onderskeidelik by die Laerskool Stulting op Humansdorp en die Laerskool Handhaaf op Uitenhage skoolgehou voor hy sy gewig by die bekwame span op Jeffreysbaai gevoeg het.

Dippenaar was departementshoof by Handhaaf en adjunkhoof by Jeffreysbaai.

“Dit voel asof alles wat ek die laaste 12 jaar gedoen het, my voorberei het om vandag hier as skoolhoof te staan,” sê Dippenaar. “Ek weet dit is nie ’n maklike taak nie, maar ek het ’n goeie mentor gehad en het die steun van wonderlike personeellede en staatma-ker-ouers.”

Op die vraag wat hy die meeste van sy werk geniet, antwoord hy: “Oud-leerlinge wat na die skool kom en vertel hoe hy of sy dit en dat bereik het. Dit is die grootste moontlike beloning as jy besef jy het ’n positiewe invloed op die kind se lewe gehad. Daardie ongelooflike verhouding wat jy met die leerders opbou, kan niemand van jou wegvat nie.”

Dippenaar het ’n groot visie vir die skool. “Dit is my droom om die skool verder uit te bou en om Laerskool Jeffreysbaai een van die top 10 skole in die Oos-Kaap te maak - ’n skool waarop almal trots kan wees,” sê hy.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.