Hospitaal-drama traumatiseer pasiënt

2016-07-21 06:00
Gericke Hoeksema 27.

Gericke Hoeksema 27.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

WAT was die ergste trauma - die fiets-ongeluk, of die probleme in die hospitaal daarna?

Dit is die vraag waarmee Gericke Hoeksema (27) van die Marina Martinique en sy ge-sin spook nadat hy Saterdag sleg beseer is tydens die JBay WinterFest Windfarm Mountain Bike Challenge-resies.

Die ryers was reeds uit die dorp en op die plaaspad toe Gericke by ’n hobbel van sy fiets geslinger en langs die pad met beserings beland het. Ander fietsryers het kort daarna op hom afgekom en, saam met vriende, hom op ’n noodvoertuig gelaai. Daarna is hy oorgeplaas na ’n bystand-ambulans. Hy is ’n keuse gegee van die Isivivana-Life in Humansdorp of ’n hospitaal in Port Elizabeth, maar weens sy hewige pyne het hy die naaste een gekies.

Volgens Hoeksema is hy na ’n ruk van ’n gang by die privaatdeel na een in die staatsafdeling van die hospitaal gestoot. Daar is X-strale geneem. Hy het nog op die draagbaar vasgegespe gelê toe daar, volgens sy moeder, prosedu-res gevolg is wat bui-te haar ervaringsveld as opgeleide verpleegkundige lê. Hieroor is sy hoogs ontsteld. Volgens haar is daar deur personeel onaanvaarbare stellings gemaak en andersins verkeerd opgetree.

Sy beweer daar is onder andere gesê dat die hospitaal nie ’n ongevalle-afdeling het nie; dat die enigste beskikbare saal slegs vir bloeddrukpasiënte is; dat beide die beskikbare dokter en ’n opgeleide kraamverpleegkundige vir haar seun gevra het wat hulle vir hom moet doen; dat die dokter op sy skouer en beseerde gewrig gedruk het en gesê dat hy slegs beseerde spiere het. Sy wonde is gereining en daarna het die dokter sy ma gebel en gesê dat hy maar huis toe kan gaan.

Hy het die X-straalplate aangevra, maar sy versoek is geweier omdat dit “staatseiendom” is.

Omdat sy pyn erger geword het, is hy in Jeffreysbaai deur ’n privaat-dokter ondersoek en is daar X-strale by die PoliClinic geneem. Daar is toe vasgestel dat die skouerbeen heeltemal gedislokeer is, dat daar ’n fraktuur in die gewrig is, dat daar ’n stukkie been van ’n rugwerwel afgebreek het en dat twee werwels opmekaar druk.

Volgens die woordvoerder by Isivivana was daar Maandag baie min personeel beskikbaar, omdat almal elders besig was met die 67-minute Nelson Mandela-projek. Dít en die verkeerde mediese benadering tot ’n trauma-situasie is volgens Gericke se ma as verpleegkunidge totaal skokkend.

Sy het die hospitaalgroep se hoofkantoor geskakel en hulle het belowe om ’n onmiddellike ondersoek na die voorval te loods.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.