Houtkunstenaar se verhaal van hoop

2016-12-22 06:01
Freddie Massimini (49) houtkunstenaar van Hankey (waar Sarah Baartman se finale rusplek is) het ’n natuurlike slag met die masjiene. Nog voor daar vir hom gesê kan word waar om vas te hou, is sy hande reeds op die regte plek.                       Foto’s: MONIQUE BASSON

Freddie Massimini (49) houtkunstenaar van Hankey (waar Sarah Baartman se finale rusplek is) het ’n natuurlike slag met die masjiene. Nog voor daar vir hom gesê kan word waar om vas te hou, is sy hande reeds op die regte plek. Foto’s: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

FREDDIE Massimini (49) sit laag op die handgemaakte riempiestoel op die groot voorstoep. Sy oë is nougetrek teen die skerp son, sy growwe regterhand klop liggies op sy bors en ’n breë half-tandlose glimlag verkreukel sy swaarkry-gesig.

Die trots brand warm in sy binneste wanneer iemand van sy unieke handgemaakte houtspeelgoed koop, vertel Freddie.

“Dit gaan nie oor die geld nie, ek is ’n eenvoudige mens. Ek wil mense spesiaal en ge-lukkig laat voel. Dit maak my gelukkig . . . en oneindig trots.”

Maar die lewe was nie altyd so goed vir Freddie nie. Hy was nie altyd so goed vir homself nie, hopeloos te lief vir die bottel na sy egskeiding. Dit het byna sy einde beteken.

Toe verander alles vir Freddie wat vir jare ’n plaaswerker in die Gamtoosvallei en Tsitsikamma was. Op soek na sy groot liefde, tuinwerk, ongeveer 18 maande terug, het hy nooit kon droom dat sy werk by kunstenaar Tia Malan (68) in Hankey die koers van sy lewe sou verander nie.

Met haar fyn kunstenaarsoog en -aanvoeling het sy Freddie se groter potensiaal raakgesien. Met haar aanmoediging en hulp het hy sy getroue tuinvurk en graaf vir ’n figuursaag en houtslyp verruil.

Hy het ’n natuurlike slag met die masjiene. Nog voor daar vir hom gesê kan word waar om vas te hou, is sy hande reeds op die regte plek.

“Ek moes my kop skoonkry

Freddie het begin om huisnommers vir die mense in sy woonbuurt, Rosedale Extension 4, te maak. “Hulle kon nie glo dit is ek wat dit maak nie. Amper elke huis spog nou met ’n mooi nommer,” vertel hy trots.

Nie lank daarna nie, het hy kinderspeelgoed begin maak. ’n Nuutjie vir die man wat as kind met klippe en plastiekbottels vir speelgoed grootgeword het. Sy kinderlewe ja....dit was moeilik, sug Freddie.

Sy oë vee stadig oor die groot verskeidenheid speelgoed op die stoep in Phillipstraat. “Maar, ai, die bottel was ’n probleem. My kop wou nie so lekker werk nie. Ek het goed skeef gesny en die speelgoed wou net nie reg uitkom nie. Ek moes my kop skoonkry, ek moes die drank los. En ek het. Ek sien toe my kop werk weer reg en die een speelding na die ander kry vorm onder my hande. Ja, my hande.

Allerfraaiste houtkuns

“Kyk, daar is ’n parmantige pikkewyn met flap-pote en ’n kombi met ’n surfboard, net reg om die pad Jeffreysbaai toe te vat. Vir seuntjies is daar karre en vliegtuie en vir dogtertjies oulike tafels en stoele, juweelkissies en perd-jies.”

Verder staan die allerfraaiste voëlhuisies, kleurvolle blokkies, waentjies, groentemandjies, kassies en dorpiehuise die stoepwinkel vol.

“Alles word met die hand gemaak, nie een speelding lyk dieselfde nie.”

Freddie is sterk op herwinning. Geen plankie word gemors nie.

Verbygangers verkyk hulle aan al die speelgoed. Van hulle stop om met Freddie te gesels. Niemand koop iets nie - nie die keer nie. Maar die belangstelling is groot en daar is beloftes van terug kom, die keer met geld.

Dié inkennige en teruggetrokke man se selfvertroue het oor die maande gegroei. Vandag gesels hy al lekker met vreemdelinge.

Nóg talente

Freddie se talent stop nie by die speelgoed nie. Hy is ook baie handig met ’n naaimasjien en die inlê van groente en vrugte. Hy leer tans meer van kruie en hoe om verskillende slaaie te maak.

En sy eerste liefde, tuinmaak? “Wanneer ek ’n tydjie kan afknyp, gaan werk ek so ’n bietjie in die tuin. Die grond sal my altyd na aan die hart lê.”

Behalwe vir die stoepwinkel, verkoop Freddie sy speelgoed by verskillende markte en feeste deur die jaar. Sy speelgoed is verder by Boplaas Padstal en Rikus Kwekery beskikbaar.

. Freddie maak speelgoed op bestelling. Bel hom by 084 512 4650.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/News
 

7 weirdly awesome pets you can own

If you think it’s too boring to own a cat or a dog, consider getting one of these pets.

 
 

Paws

Pack theory: fact or fiction?
Perfect dog-walking 1: Why dogs pull on the lead
SA stats: The role of pets in families
The top 6 poisonous foods for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.