Humansdorp museum groet veteraan voorsitter

2016-04-07 06:00
Na bykans 30 jaar van onbaatsugtige diens en toewyding as lid en voorsitter van die Humansdorp Museum, oorhandig Anita van der Merwe (regs) die voorsitter-leisels aan Theo Vosloo. Vosloo het tydens haar afskeidstee ’n Sertifikaat van Verdienste aan Van der Merwe oorhandig. Foto: VERSKAF

Na bykans 30 jaar van onbaatsugtige diens en toewyding as lid en voorsitter van die Humansdorp Museum, oorhandig Anita van der Merwe (regs) die voorsitter-leisels aan Theo Vosloo. Vosloo het tydens haar afskeidstee ’n Sertifikaat van Verdienste aan Van der Merwe oorhandig. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VAL is nie ’n opsie nie en dié nuwe horlosie se wyser moet ten minste vir nog vyf jaar aan haar pols tik . . . tik . . . tik . . .

Só sê veteraan-voorsitter Anita van der Merwe (85), wat na ’n kleurryke loopbaan van nagenoeg drie dekades by die Humansdorp Museum nou die tuig neergelê het. Sy voel dié merkwaardige museum wat jaloers waak oor die “skatte” van ouma- en oupagrootjies - ’n onlosmaaklike deel van die omgewing se geskiedenis - het nuwe en jonger bloed nodig om dié juweel se voortbestaan en vooruitgang te verseker.

Volgens Van der Merwe, vorm die gebruik van mo-derne tegnologie ’n groot deel van die oorlewing van ’n museum in ’n veranderende en uitdagende omgewing - iets wat sy eerder aan die jonger geslag oorlaat.

Van der Merwe is reeds sedert 1988 by die museum betrokke - as raadslid van daardie tyd het dit deel van haar portefeulje uitgemaak. Hoewel sy die amp as raadslid agtergelaat het, het sy nooit haar rug op die museum ge-draai nie. Sy was deurentyd aktief betrokke by die doen en late van die museum, en was die afgelope nege jaar voorsitter van die Humansdorp Museumvereniging.

Sy mag dalk die bestuur aan Theo Vosloo oorhandig het, maar sy sal steeds betrokke bly - dié museum met al sy oudhede is in haar bloed.

Die merkwaardige vrou gaan beslis nie ydel sit nie. Sy glo daaraan dat jy sonder entoesiasme dood is. Van der Merwe is aktief betrokke by kindersorg en die bewaring van erfenis. Verder bestuur sy haar eie boetiek in Humansdorp, en verhuring van eiendomme hou haar op haar tone.

Na die aankoop van ’n nuwe horlosie met ’n vyf-jaar waarborg, spot sy graag: “Ek wil waarde vir my geld kry en nóg vyf jaar leef.” Volgens haar is daar ’n elfde gebod vir ouer mense: Jy mag nie val nie!

Van der Merwe het ’n groot passie vir gesond lewe. Haar ouma en ma is onderskeidelik op die ouderdom van 63 en 73 oorlede, terwyl haar pa op 85 oorlede is. Deur ’n gesonde leefstyl met min verfynde suiker en koolhi-drate wil sy graag haar vroulike-stamboom se geskiedenis verbeter.

Van der Merwe, wat Duits, Xhosa, Engels en Afrikaans kan praat, het op 21-jarige ouderdom ’n BSc-graad in Huishoudkunde aan die Universiteit van Pretoria behaal. ’n Jaar later het sy en haar man na Humansdorp verhuis, waar hy in 1953 ’n tandheelkundige praktyk begin het. Hulle spog met vyf kinders en 14 kleinkinders.

Volgens Van der Merwe, moet jy die Here erken om gemoedsrus en stabiliteit in die lewe te handhaaf, want sonder Sy wysheid, genade en seëninge sal ’n persoon nie die rus en vrede ontvang waarna almal smag nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.