Humansdorp Museum ontvang tyd-regruk van nasionale kurator

2016-01-21 06:00
Die Humansdorp Museum in Bureaustraat huisves onder meer die botterkarring en messlyper wat uit die laat 1900’s dateer. Kurator Carel Ferreira demonstreer hoe die slinger van die botterkarring eindeloos gedraai moes word om room in botter te verander.        Foto: MONIQUE BASSON

Die Humansdorp Museum in Bureaustraat huisves onder meer die botterkarring en messlyper wat uit die laat 1900’s dateer. Kurator Carel Ferreira demonstreer hoe die slinger van die botterkarring eindeloos gedraai moes word om room in botter te verander. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE “skatte” van ouma- en oupagrootjies - én van hul ouers en selfs geslagte gelede - het onlangs ’n broodnodige “tyd-regruk” ondergaan.

Annemarie Carelsen, jarelange kurator van die Ditsong Nasionale Kultuurhistoriese Museum, het verlede week waardevol-le navorsing gedoen oor die histories-waar-devolle klerasie en tekstiele by die Humansdorp Museum. Sy het hand bygesit om die meerderheid items wat deel van die dorpmuseum se ryk skatkis vorm, volgens hul bepaalde era te klassifiseer.

Volgens Humansdorp Museum kurator, Carel Ferreira, is die klassifisering van onskatbare waarde vir die museum. “Hoewel ons groot passie vir ons taak het, is ons nie deskundiges op die gebied nie,” sê Ferreira. “Nou weet ons watter artikels bymekaar hoort, en kan ons dit as ’n eenheid uitstal.”

Die museum is propvol plaaslike gebruiksvoorverwpe van die voorgeslagte - ’n onlosmaaklike deel van alle mense se volkerfenisse. Daar is onder meer die botterkarring en messlyper wat uit die laat 1900’s dateer.

Volgens Carelsen was dié twee items grotendeels van Engeland vir plaaslike gebruik ingevoer. “Die botterkarring werk so: botter kan verkry word deur room lank genoeg te draai,” vertel Carelsen. “Die botter was dan per pond in houtkissies gesit met die naam van die plaas op ’n papiertjie bo-op die botter voor dit op die dorp verkoop is.

“Bottermaak was ’n tuisbedryf vir die huisvrou om ’n ekstra geldjie te maak.”

Nog kultuurhistoriese items wat uit 1850 tot 1950 dateer, sluit in ’n grammofoon uit die 1930’s, ’n 1879 Chicago Cottage traporrel, verskillende meelsiwwe wat tydens die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) gebruik was, asook koffie- en vleismeule, seepbalies en ysterpotte.

Die museum is ’n stille getuienis van die rustieke milieu waaruit inwoners stam, van die landelike eenvoud waarvandaan die gemeenskap kom, verwyder van die moderne eeu met slimfone, superrekenaars en supersoniese motors.

Besoek die Humansdorp Museum by 17 Bureaustraat weeksdae vanaf 10:00 tot 15:00. Toegang is R10 vir volwassenes en R5 vir kinders.

Vir meer inligting, skakel Ferreira by 042 295 2503.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.