Indringer-duine word see ingestoot

2016-11-03 06:00
Die mond van die Sandrivier skuif en loop regstreeks in die see, terwyl beskadigde gebiede herstel sal word. Projekbestuurder Joe Meyer wys die nuwe ‘pad’ wat die rivier sal volg.

Die mond van die Sandrivier skuif en loop regstreeks in die see, terwyl beskadigde gebiede herstel sal word. Projekbestuurder Joe Meyer wys die nuwe ‘pad’ wat die rivier sal volg.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIT was soos ‘n Kolmanskop-huis waar die sand deurgesyfer, oorgeneem en ‘n woning begrawe het, ‘n ander bedreig, en die seepad bedek het. Maar hier word die Oesterbaai-duine nou ingeperk en na die see toe gestoot.

Die Slangrivier se loop word verander met miljoene Rand se duinverskuiwing en -rehabilitasie wat vir dié kusdorp goedgekeur is en reeds toegepas word.

Die projek is in September, vanjaar deur die Departement van Omgewingsake goedgekeur; vyf jaar na die toegangshek tot die hoofstrand, die ablusieblok en ’n groot deel van Branderstraat deur watermassas weggespoel is.

’n Dam water wat in die loop van die Slangrivier gevorm het, het toe deur ’n duin gebreek en die skade veroorsaak.

Oor die jare het reuse duine gevorm wat Branderstraat op party plekke heeltemal bedek het. Een huis was gedeeltelik toe onder die sand en ander is ernstig bedreig.

Projekbestuurder Joe Meyer van die Oesterbaai Inwonersvereniging sê dat ’n kusbestuursplan van R3.36-miljoen waarby duinbestuur ingesluit is, grootliks deur plaaslike inwoners befonds is, terwyl die Kouga-munisipaliteit sowat R400 000 bygedra het.

Die eerste stootskraper het op 10 Oktober sy ysterkake deur die eerste hoop sand gestoot.

Plante gaan op groot skermwalle aangebring word om teen die windrigting skanse te vorm. Sodra die sand ’n sekere hoogte teen die merkerpale bereik, sal dit ingevolge ’n goed-gekeerde bestuursplan na die see se kant toe gestoot word.

Duine sal afgeplat word om dit op Branderstraat se vlak te hou. Aanplantings sal duinbeweging verhoed.

Die mond van die Sandrivier skuif en loop reguit na die see, terwyl beskadigde gebiede herstel sal word.

’n Beskermingsmuur van reuse sandsakke sal verseker dat die rivier nie weer deur huise spoel nie.

Die nuwe riviermond sal onderhou word deur waai-sand te verwyder wat hoog teen die merkerpale opbou.

Meyer hoop dat met verdere finansiële steun van die Kouga-munisipaliteit en die Departement van Omgewingsake, die hele projek teen April volgende jaar voltooi sal wees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/World

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.