Inwoner maak waterlekke self reg

2016-02-11 06:00

JOUBERTINA se wekelange water krisis wat menige inwoner hoog en droog en erg omgekrap gelaat het, was vir ’n kort wyle eers iets van die verlede.

Dié krisis het niks met ’n tekort aan water te doene gehad nie, maar met probleme in die watervoorsieningstelsel.

As dit nie was vir ’n plaaslike inwoner wat ingegryp het nie, het mense op die dorp sonder ophou sonder water gesit nadat krane sedert November verlede jaar slegs drup-drup gewerk het.

Die gebied wat die meeste geaffekteer was, strek vanaf PJ Retiefstraat tot by Willam Stewartstraat, asook Kloof- en Vygiestraat.

Volgens Derick Vrey, ondervoorsitter van AfriForum in Joubertina, het hy dié keer ’n uitsondering op sy eie reël gemaak. “Ek is die Koukamma-munisipaliteit se grootste vyand, maar wanneer hulle sonder water sit, is ek ewe skielik goed genoeg om te help,” sê hy na die munisipaliteit twee weke terug sy hulp ingeroep het na hulle reeds weke sukkel om die waterprobleem op te los.

Vrey, met die hulp van ’n munisipale wer-ker, het voorverlede Saterdag die probleem binne ure opgelos. Vroeg daardie Sondagoggend het wasgoedlyne kleurvol in die wind gewapper - iets wat vir lank onmoontlik was.

Volgens Vrey het hulle verskeie pypbreuke herstel en ’n hele ou waterlyn uit die sisteem gesny en met ’n nuwe waterpyp vervang.

“Die waterstelsel aan die onderkant van Joubertina is al meer as 40 jaar oud en so te sê tot niet. Indien dit nie vervang gaan word nie, gaan die pype bly bars,” sê Vrey.

Volgens ’n ontstoke inwoner wat anoniem wil bly, het almal in die dorp ’n watertenk. “Ons het nie veel van ’n keuse nie. As ons water wil hê, moet ons ’n watertenk hê. Van die inwoners het nie eens die geld om ’n tenk te koop nie, maar hulle krap hulle laaste sente bymekaar net om water te hê,” sê sy.

“Dit is die eerste keer in weke wat ons behoorlike drukking in ons krane het. Voor verlede Sondag kon ons nie stort of wasgoed was nie en moes inwoners by vriende en familie in Twee Rivier, wat nog slootwater gebruik, gaan stort of bad.”

Tot inwoners se ergenis, was die verligting slegs van korte duur en sit die grootste ge-deelte van Joubertina en Ravinia weereens sedert verlede Vrydag sonder water.

Volgens Koukamma se waarnemende munisipale bestuurder, Mlamli Zensile, word daar aandag geskenk aan alle probleemgebiede.

“Gedurende die 2014-’15-boekjaar is al die munisipale waterstasies voorsien van toe-rusting om die dosis chemikalieë na te gaan. Watermonsters word elke maand na die nasionale gesondheidslaboratorium gestuur.”

Dit wil voorkom asof daar ’n groot lekkasie, of ’n paar lekkasies, in Joubertina is as gevolg van ou en verweerde infrastruktuur.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.