Inwoners ontstig toe boom afgekap word

2017-01-12 06:01
Die reiers vlieg hoog bo die boom wat halfpad afgekap is.           Foto: Robbie Irlam

Die reiers vlieg hoog bo die boom wat halfpad afgekap is. Foto: Robbie Irlam

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TE midde van beskuldigings wat nou na ’n eiendomsmaatskappy op Jeffreysbaai geslinger word waar ’n boom met reierkuikens afgekap is, sê die eienaar sy het nooit gevra dat die boom verwyder moet word nie.

Die afkap van ’n wildevyeboom wat op die PMG-eiendomsgroep se eiendom gestaan het, het die afgelope naweek vir emosionele uitbarstings in die vakansiedorp gesorg nadat honderde reierkuikens met die afkap uit die boom gepeul het.

“Dit is nou al drie dae later en ons red steeds reierkuikens wat onder afgebreekte takke vassit,” het Benjamin Sithole, inspekteur van die Humansdorpse Dierebeskermingsvereniging (DBV), Maandag gesê. Sithole sê die DBV is verlede week deur ontstoke inwoners na PMG se perseel ontbied terwyl die kapwerk aan die wildevyeboom aan die gang was.

“Toe ek eers sien hoeveel reiers en kuikens in die boom is, en die boom word nogal in die middel van die broeiseisoen afgekap, het ons die afkap van die boom dadelik stopgesit.”

Hoewel die gemeenskap teen PMG uitgevaar het, het Martie Barnard, bestuurder van die eiendomsmaatskappy, Maandag gesê sy het nooit gevra dat die boom afgekap moet word nie.

“Ja, die voëls het tot luise in ons kantoor gelei en daar is daaroor gekla, maar dit was nie ons wat die boom wou weg hê nie. Ek sal nooit diere skade aandoen nie.”

Volgens Barnard is sy deur die plaaslike omgewings- en ekonomiese ontwikkelingskantoor genader om ’n permit te bekom om van die boom ontslae te raak, glo omdat die voëls ’n gesondheidsrisiko is.

“Ek het nie eens geweet wanneer hulle van plan was om die boom af te kap nie. Ek was net so verbaas toe dit gebeur.”

Volgens Sithole is dit onduidelik hoekom die permit uitgereik is, aangesien die reiers se broeiseisoen vroeg in Desember begin en teen einde Maart sal die kuikens eers kan vlieg. “Sodra die kuikens vlieg, sal hulle die boom verlaat. Ek verstaan nie hoekom daar nie gewag is nie.”

Elza van Lingen, uitvoerende burgemeester, sê ’n permit om ’n beskermde boom of diere te verwyder, kan slegs deur die departement van omgewingsake uitgereik word.

“ ’n Interne ondersoek sal gedoen moet word om vas te stel wie vir die uitreik van die permit verantwoordelik is,” sê sy.

By navraag aan die Kouga-munisipaliteit het Leon Els, streeksdirekteur van die provinsiale departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme, Maandagmiddag gesê hy wag op ’n volledige verslag van Jeffreysbaai se kantoor en hy sal eers daarna kan kommentaar lewer.

Intussen word die sowat 150 kuikens wat die afgelope tyd gered is by die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kus­voëls (Sankub) op St. Francisbaai en by African Dawn vir versorging ingeneem, sê Si-thole.

Volgens Percy Hickman, eienaar van African Dawn, ’n voël-en-diere-rehabilitasiesentrum in Thornhill, sal die kuikens vir die volgende maand tot ses weke versorg moet word voordat hulle sterk genoeg sal wees om vrygelaat te word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/South Africa

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.