Jeanette - Skoonheid agter die mall(emeule)

2017-07-20 06:00
Jeanette du Toit - die skoonheid wat as Algemene Bestuurder die stuurwiel van dié lewendige Fountains Mall stewig in haar bekwame hande vashou.           Foto:VERSKAF

Jeanette du Toit - die skoonheid wat as Algemene Bestuurder die stuurwiel van dié lewendige Fountains Mall stewig in haar bekwame hande vashou. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“OPGEVOED,” is een van jou eerste indrukke oor haar daar in die netjiese raadsaal van Jeffreysbaai se Fountains Mall.

En weerloos, maar weerbaar – dié skoonheid wat as Algemene Bestuurder die stuurwiel van dié lewendige sakesentrum stewig in haar bekwame hande vashou:

ontwapen in haar empatie met mense, maar strydkragtig genoeg om elke dag se uitdagings lag-lag die hoof te bied. En sy doen dit met finesse.

Hoe het sý haar pad deur ’n moderne sake-berg oopgetonnel? Ná sy as tienerjarige saam met haar gesin van Namibië na die Republiek verhuis het, het sy aan die Hoërskool Gerrit Maritz in Pretoria gematrikuleer. Sy wou sielkundige word, maar ná ’n persoonlike verlies het sy haar BA-Sielkunde studies by Tukkies na BComm (Bestuurswese) veran-der, wat sy later opgevolg het met ’n BComm-honneurs by Unisa.

By die eertydse Saambou Nasionale Bouvereniging was sy eers by residensiële eiendomme betrokke, maar toe kruis haar pad daar met ene Chris Pot-gieter wat met bestuur en ontwikkeling van kommersiële eiendom besig was. Toe leer hy haar vinnig drie lesse: Een, hy sou haar mentor wees; Twee, sy moes fokus op die vele fasette van eiendomsnywerheid; Drie, hý staan voor in die ry as sy enige trouplanne kry.

Die nuwe egpaar het daarna vir ’n geruime tyd vir die eiendomsmaatskappye, Broll Property Group en JHI Retail, gewerk. Maar, in haar eie woorde, het haar hartsdinge (somer, son, see, steak en slaap) hulle in 2006 na die Oos-Kaap laat kom. Hulle het steeds belange in Gau-teng, maar die rustigheid hou hulle hier, en as die kinders kom kuier, is dit ’n bonus.

Haar lewe verander toe die vorige eienaars van die Mall haar vra om vir ’n ruk as algemene bestuurder op te tree. Dis nou drie jaar later en sy geniet steeds die dinamiek van die huurders, die kopers (ook dié uit omliggende dorpe) wat die sentrum laat groei, asook ’n knap bestuurspan – van wie bemarkingsbestuurder Nadine Scheepers haar regterhand is en soms in haar plek moet waarneem.

Dié baie bekwame hoof van die Mall sit in ’n warm stoel. Alles, van die welsyn van elke huurder en koper, tot die voorkoms van die geboue, hou haar aandag vas. En sy droom steeds van uitbrei-ding. Min mense besef wat so ’n pos van ’n individu ver-eis. Daarom is tydmors vir haar ’n skande en stipt-heid ononderhandelbaar.

  • Dals.

Sy sou net een ding in haar lewe verander as sy kon – om ’n vlieglisensie te kry. Andersins is sy gelukkig oor groot geleenthede wat oor haar pad gekom het, en sy bely ootmoedig dat sy elke dag as ’n ge-skenk van Bo beskou.

En dít is Jeanette du Toit – met haar vyf alliterasies (van somer tot steak) en haar drie B’s (Beauty, Brains en Brilliant work ethics). Sy is moeilik vervangbaar, want daar loop yster én deernis in haar are.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

Makeover saves dog’s life

Lucky Charlie got a complete make-over that helped him get adopted.

 
 

Paws

For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.