Jeffreysbaai gons oor VVV

2016-12-15 06:01

DIT blyk die nuus oor die nuwe DA-burgemeester het so ver versprei dat selfs die Marsmanne Jeffreysbaai toe wou kom om haar te ontmoet.

Só gons dit in die strate van dié dorp, waar vlieëniers Maandag-aand ’n vreemde vlieënde voorwerp (VVV) gewaar het.

Port Elizabeth se lugverkeerbeheerafdeling en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Maandag omstreeks 21:30 van die vreemde voorwerp verwittig.

“Die vlieëniers van ’n Boeing 737-vragvliegtuig wat van Kaapstad na Port Elizabeth op pad was, het ’n groen voorwerp aangemeld wat bo hulle uitge-styg het,” sê Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder. “Dié voorwerp het tot 1 000 vt. bo hulle uitgestyg voordat hy weer vinnig af aarde toe beweeg het.”

Hulle het dié verskynsel aangemeld by lugverkeerbeheer, wat die NSRI se hulp ingeroep het.

“Die NSRI moes vasstel of dit ’n vliegtuig of ander tuig is wat in gevaar verkeer.”

Die voorval het ongeveer 10 seemyl van die Jeffreysbaai-kus gebeur.

“Ons het eers vermoed dat dit dalk ’n groen ligfakkel kan wees, maar die voorwerp was 3 000 vt. hoog in die lug en ’n fakkel sou nie dié hoogte kon bereik nie,” sê Lambinon.

Dié voorwerp bly vir die NSRI ’n raaisel, sê hy.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.