Jeffreysbaai: Nuus in kort

2017-04-27 06:02

JEFFREYSBAAI en omgewing is nie meer wat dit was nie. Gevaarlike elemente is nie aan die afneem nie, en selfs die flink optrede van die polisie en sekuriteitsmaatskappye verhoed nie dat voornemende misdadigers voortdurend op die uitkyk is vir sagte teikens nie. Die afgelope twee weke was geen uitsondering op die reël nie, en ongewenste elemente was ywerig aan die werk.

  • Verlede week Sondag (16 April) is KB se gewapende reaksie ontbied nadat twee verdagtes in Wavecrest opgemerk is. Hulle is daarna verbind met versteekte goedere – skootrekenaars, TV-stelle, selfone en ju-weliersware. Die eiendom is teruggeneem en ’n saak word teen hulle ondersoek.
  • ’n Vrou se een motorband is volgens haar man in die parkeerarea van ’n groot inkopiesentrum stukkend gesny. Sy het met die stukkende band weggery en skade aan die motor veroorsaak voordat sy ’n motorhawe bereik het. Motoreienaars sal ’n wakende oog oor hulle motors moet hou – veral in areas onder of rondom ’n sentrum waar geen karwagte is nie.
  • Op 18 April is ’n 26-jarige slagoffer in Humansdorp deur vyf mans met messe oorval en van kontant en twee selfone beroof. Die voorval is die volgende dag by die SAPD aangemeld en die polisie het kort daarna vyf verdagtes in Humansdorp-area gevang. Hulle sou op 21 April in die hof verskyn. Brig. John Lebok het na verneem die vinnige optrede van die polisiemanne geloof.
  • Om 06.30 op Donderdag 20 April is drie inbrekers in Astonbaai opgemerk toe hulle by ’n dubbelverdiepinghuis probeer inbreek. Waarskuwingskote is skynbaar geskiet en verskeie bure het die voornemende diewe agternagesit, maar hulle het gevlug. ’n Ander vrou kla dat vrees haar uit die slaap hou nadat sy bewus geword het van “’n nagtelike besoeker.”
  • Nog ’n inwoner van die dorp kla dat haar huis soos Fort Knox lyk nadat daar in drie maande vier keer by haar plek ingebreek is. Sy het alarms in haar oprit laat aanbring wat enige tyd na 19:00 deur beweging geaktiveer word. Kwaaddoeners het al weggevlug, net om by die bure langsaan deur nóg alarms begroet te word.
  • ’n bouer en timmerman van Astonbaai vertel dat hy verlede Donderdag besoek ontvang het van ’n bekende dorpsinwoner wat beweer sy is ’n boekhoudster. Toe hy haar vir ’n paar oomblikke alleen laat, het sy na bewering sy enigste R100 uit die beursie in sy voertuig geneem. Die toneel is glo op kamera afgeneem en hy het die voorval by die SAPD gerapporteer.
  • ‘n Vrou van Jeffreysbaai se motorvenster is op Saterdag 22 April gebreek en haar bruin leerhandsak is gesteel. Nadat sy op openbare media vir hulp gevra het, is haar handsak naby ’n prokureurskantoor opgetel en by haar huis afgelewer. Haar GPS is uit die handsak verwyder.
  • Intussen is ’n stadig-bewegende silwer Polo-motor in Astonbaai opgemerk. Die motoris het foto’s van motors by huise ge-neem. Toe ’n inwoner hom wou konfronteer, het hy teen hoë spoed weggejaag. Die registrasienommer van die motor is bekend.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.