Jeffreysbaai ‘reg vir besoekers’

2016-12-15 06:01

DIE Kouga-munisipaliteit wou dienslewering agtermekaar kry om die toeloop van vakansiegangers te hanteer, maar het nie verwag dat die vlootvoertuie in so ’n swak toestand sou wees nie.

Só sê Elza van Lingen, die uitvoerende burgemeester.

“As die nuwe regering op plaaslike vlak is een van ons belangrikste doelwitte dat ons vakansiegangers ’n goeie, onvergeetlike seisoen sal hê.

“Dit hang natuurlik af van ons voorbereidings vir die gewone toeloop van vakansiegangers en basiese dienste soos water- en elektrisiteitsvoorsiening, vullisverwydering en behoorlike rioolbestuur.”

Volgens haar is die nuwe bestuur nie ’n funksionele vloot munisipale voertuie belowe nie, maar hulle het ook nie voertuie verwag wat in so ’n swak toestand is nie.

“Weens bepaalde prosedures was dit onmoontlik om die voertuie wat ons afgeskryf het te vervang. Dit sal in 2017 gedoen word en ’n behoorlike forensiese oudit sal gedoen word,” sê Van Lingen.

“Uit ’n vloot van 220 voertuie moet 72 afgeskryf word. Slegs agt word as in ’n goeie toestand beskou.

“Die diensvoertuie wat herstel kon word, is herstel. Die munisipaliteit het voldoende voorsiening gemaak deur bykomende voertuie te huur om te verseker dat die vullisverwydering en riooldienste glad verloop,” sê Van Lingen.

Dienslewering

Van Lingen glo egter Jeffreysbaai is grootliks gereed vir die besoekers wat vir die feestyd daar verwag word.

Dié gewilde vakansiedorp het die vorige twee feestye swaar gebuk gegaan onder kragonderbrekings, watertekorte en rioolprobleme.

Dít terwyl besoekers by dosyne hier vakansie kom hou het en sommige, helaas, hul kuiers hieroor kortgeknip het.

“Kritieke uitdagings met dienslewering is geïdentifiseer en planne is gereed om enige onderbrekings vroeg hok te slaan,” sê Van Lingen.

Afvalbestuur, water, krag

“Bykomende voertuie is gehuur om met afvalbestuur te help en om seker te maak ons diensdepartemente, soos water en elektrisiteit, word in staat gestel om uit te gaan om dié probleme wat tipies in die vakansietyd ontstaan gou op te los.”

Inspeksies van die elektrisiteitslyne is ook betyds gedoen sodat instandhouding hieraan gedoen kon word voordat die sowat 100 000 verwagte besoekers opdaag.

“Die burgemeesterskomitee het ook met Eskom vergader oor sy instandhoudingsplanne, reaksietye as daar kragonderbrekings is en planne indien daar onvoorsiene onderbrekings sou wees,” sê Van Lingen.

Rioolpompstasies

Sy sê die dorp se rioolpompstasies het nou ook alarmstelsels wat personeel onmiddellik van probleme bewus sal maak.

Verkeersbeamptes, menseredders, wetstoepassers

Bykomende verkeersbeamptes, menseredders en wetstoepassers is ook vir die vakansietyd aangestel.

“Talle van ons sakelui en inwoners is afhanklik van toerisme om te oorleef. Ons kan dit nie bekostig dat vakansiegangers hul tyd hier kortknip weens swak dienslewering nie,” voeg Van Lingen by.

“Ons verwag dat meer as 100 000 besoekers in Kouga sal kom vakansie hou. Dis basies dubbeld die getal heeltydse inwoners.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.