Astonbaai-pad: Jeug maak amok

2016-11-03 06:01

’n Vars vlaag klipgooiery en brandstigting op die Astonbaai-pad het Smhart-sekuriteit van Jeffreysbaai verlede week aktief laat optree om gemoedere te kalmeer en misdaad te voorkom.

Volgens Carl Trahms, eienaar van Smhart-sekuriteit, het die optrede gevolg nadat ’n groep jeugdiges tussen 12 en 16 jaar-oud brandende bande oor die teerpad gesleep en klippe begin gooi het. Klippe oor die pad het die verkeer vertraag en motoriste onrustig gestem. Nadat kliënte die sekuriteitmaatskappy in kennis gestel het, is hul taktiese eenheid ontplooi en het vier voertuie en gewapende manne verlede week elke aand die pad gepatrolleer. Vure is geblus en die kwajongens verjaag.

Die taak is bemoeilik, omdat die sowat twintig kinders in groepe verdeel en op verskillende plekke brand gestig en klipgegooi het. Geen ander hulp is van ander maat-skappye of indiwidue ontvang nie. Die geweld het saans gewoonlik tot rondom 20:00 geduur.

Die SAPD het skynbaar in die aande net een voertuig beskikbaar, en dié word glo elders ontplooi. Trahms sê hieroor: “Ek dink die verkeersdepartement, eerder as die polisie, is verantwoordelik vir die beveiliging van paaie.”

Johhny Hayward is die enigste wetstoepas-ser wat op kontrakbasis aangestel is. Hy voer tans sy pligte met sy eie motor en brandstofkoste uit.

Trahms sê hulle het die hulp van die brandweer aangevra. “Dalk kan die water sommer die kwaaddoeners afkoel, aangesien daar nie summier op hulle geskiet mag word nie. Hierdie skurkery gaan nie stop totdat heinings aangebring en ’n brug oor die pad gebou is nie.”

Vrydagaand het die gemeenskap van die informele woonbuurt hulp aangebied om die kinders na hul huise terug te jaag. Teen 19:00 was alles weer rustig.

Intussen word die situasie dopgehou. Inwoners word gevra om Smhart se reaksie- voertuie te skakel by 082 718 5750 (Jeffreysbaai) en 082 868 5839 (Astonbaai).

“Die munisipale wetstoepassingseenheid het opdrag gekry om saam met die plaaslike polisie ’n blywende oplossing vir dié probleem te vind,”sê burgemeester Elza van Lingen.

“Openbare veiligheid is ’n gedeelde verantwoordelikheid en ons moet almal saam werk om inwoners en motoriste se veiligheid te verseker.

“Ons wil graag Smhart-sekuriteit bedank vir die goeie werk wat hulle gedoen het.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
How much food do you need to concentrate?

We have been taught that we need three meals a day in order to make it through the day and while most of us indulge in more than our fair share there is a large portion of South Africans who are living off barely enough to sustain them.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.