Johan Lottering: Die man agter Procydin

2016-12-22 06:01
Johan Lottering. Foto: VERSKAF

Johan Lottering. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY is ’n energieke sestig.

Hy is slim, toeganklik, vriendelik en ’n uitstaande sakeman; en daarby filantropies, maar noulettend met die aanstel en hante-ring van sy personeel.

Hy het die pad van baie van die vyftigs se-vlytige Afrikanerdom gestap: Gesonde sko-ling (Monnas in Krugersdorp), B.Sc.-Apte-kerswese by PUK plus die praktiese jaar; daarna Voortrekkerhoogte vir militêre diens – in die SAGD as luitenant. Toe volg grensdiens in die Caprivi-strook.

Besige tye daarna het hom geslyp vir sy lewenstaak: Na nege maande in ’n Pretoria-apteek, het hy in 1984 in Europa gaan backpack en deur agt lande getoer. Na sy terugkeer, het hy in Henneman gaan locum en toe sy eie apteek in Welkom oopgemaak. Toe hy weer sien, is dit 1989, en hy besef dis darem nou tyd om die alleen-lewe te laat vaar! Na die nodige rondloer en reg kies, trou hy met Susan Ferreira van Welkom.

In 1992 kom hulle Jeffreysbaai toe. Huisgenoot (3 Augustus 2000) skryf dat sy be-sorgdheid oor sy skoonmoeder se artritis hom op die Procydin-pad laat beland het. Omdat gewone medikasie nie wou help nie, het hy op internet na ’n kuur begin soek; en dit het gelei na die perperduur Pycnogenol in die VSA. Dié dennebas-ekstrak het hom sy eie navorsing laat doen.

Met die hulp van sy skoonpa (’n afgetrede ingenieur) het hulle ’n metode ontwikkel om hul eie dennebas-ekstrak te vervaardig. Dié basis is later vervang met druiwepit-ekstrak wat ewe effektief is, maar meer omgewingsvriendelik en makliker bekombaar. Na ’n moeilike begin, is die groot projek later na Jeffreysbaai verskuif en het hul eie produk, Procydin, landwyd erkenning en verspreiding beleef. Johan benadruk dat dit nié ’n kruiemiddel is nie.

Dié super-anti-oksidant is ’n nutriënt wat effektiewe resultate lewer by siektetoestande soos hoë cholesterol, artritis, diabetes, bloedvatsiektes, bronchitis, asma en ekseem. Die middel se anti-oksidante vernietig vrye radikale en verlig die liggaam se immuun-respons. Verskeie medici en spesia-liste het dit al aanbeveel en self daarby baat gevind.

Onder die bekende naam, Value Added Life, word verskeie gesondheidsprodukte by die groot aanleg vervaardig en verpak. Gesofistikeerde masjinerie word tans inge-span, maar soveel moontlik van die perso-neel word behou.

Johan se lewensleuse, “Doen aan andere wat jy aan jouself gedoen wil hê,” sy oplei-ding, navorsing en Christelike lewensbeskouing, vorm ’n besondere etos waarvolgens hy sy werk, lewensroeping en sakevernuf kombineer.

As natuurliefhebbers besit hy en Susan die Lombardini-landgoed waar verskeie die-respesies besigtig kan word, gaste kan trou en met uitnemendheid behandel word. Oor sy sakesukses lag hy net en wil hy, tipies beskeie, nie uitwei nie.

Hy beweer hy werk nie so hard nie – dat ander die las dra. Dié wat hom ken, weet beter.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.