Johan Oosthuizen trap vir liefdadigheid

2017-03-16 09:53
Fietsryer Johan Oosthuizen (40), stigterslid van nie-winsgewende Fuel on Wheels, gaan einde vandeesmaand die speke vir drie minderbevoorregte skole in die Oos-Kaap laat sing. By hom is sy vrou en regterhand, Ronelle Oosthuizen.                                                Foto:MONIQUE BASSON

Fietsryer Johan Oosthuizen (40), stigterslid van nie-winsgewende Fuel on Wheels, gaan einde vandeesmaand die speke vir drie minderbevoorregte skole in die Oos-Kaap laat sing. By hom is sy vrou en regterhand, Ronelle Oosthuizen. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KOPHOU. Trap. Wakkerbly. Trap. Aanhou. Trap.

Ses dae. Honderd-twee-en-dertig ure in die saal van sy ysterperd. En 4 992km.

Alles vir liefdadigheid.

Fietsryer Johan Oosthuizen (40), stigterslid van die nie-winsgewende organisasie Fuel on Wheels, gaan einde vandeesmaand die speke vir drie minderbevoorregte skole in die Oos-Kaap laat sing: die Laerskool Innes, die Laerskool Winterberg en die Northern Lights School.

Hy skop af op 26 Maart om 12:00 by 49 Aalwynrylaan in Uitenhage en voltooi dié sesdag-tog op 1 April. Die sirkelroete wat hy gaan volg, begin by Aalwynrylaan na Hexrivierweg, dan deur Graaff-Reinetweg en Daniel Pienaarstraat tot terug in Aalwynrylaan.

Johan hoop om ten minste 160 rondtes van 5.2km per dag te voltooi. Dit beteken 832km per dag. ’n Allemintige 4 992km oor ses dae.

“Die eerste rondte sal dit net ek, Ruané Wentzel (11), Jamie-Lee Barendse (25), Janecke Schuin (10), die Fuel on Wheels-span en die motorfietsklub Entangled Freedom wees,” sê Johan.

“Daarna is enigiemand welkom om saam met ons fiets te ry, draf of te stap.”

Op Saterdag, 1 April is daar ’n spesiale rondte ter herinnering aan Jayde Panayiotou.

Die liefdadigheidstog word op 1 April by Danskraal in Cuylerstraat, Uitenhage met ’n potjiekos- en boerewors-kompetisie afgesluit. ’n Dansparty volg om 18:30.

Toegang vir die dag is R20 per persoon.

Johan sê daar is ’n paar redes waarom hy so ’n groot uitdaging aanpak, maar dat dit hoofsaaklik gaan om mense met gestremd-hede te help en om bewustheid te skep.

“Dit is iets wat regtig ’n verskil maak en iemand se lewe ten beste verander.

“Afgesien dat hy graag mense wil help met dié uitdaging, gaan dit ook om mense te wys dat jou drome verwe-senlik kan word en dat mens moet aanhou en deurdruk - al gaan dit soms moeilik.

“Ek hou daarvan om verskillende uitdagings aan te pak en ek is op ’n punt in my lewe waar ek nie meer my drome wil droom nie, maar dit wil uitleef. Ek doen dit om mense te motiveer om nooit tou op te gooi nie.”

En dan, is dit ook die perfekte manier om Fuel on Wheels se eerste verjaardag te vier.

Maar dit is nie aldag kinderspeletjies om jou uithouvermoë tot die uiterste te toets nie.

“Dit is straf op die lyf, maar beslis die moeite werd,” sê hy. “Ek is bereid om alles in te sit.”

Drie rekords

Johan hoop om tydens dié uitdaging drie nuwe werêldrekords op te stel.

Eerste op sy rekordlys is die meeste kilometers om een spesifieke blok vir ’n nie-winsgewende organisasie. Die huidige rekord is 4 400km.

Volgende is die rekord vir die meeste opdraende platgery in ses dae. Die huidige rekord is 35 000m.

“Ek hoop om nie minder nie as 49 000m te klim. Dit gaan wees soos om Mount Everest in ses dae uit te klim.”

En laastens, om vir 12 -ure aaneen fiets te ry.

Johan sê Uitenhage het huidiglik nie een werêrldrekord nie.

En as jy hom vra of hy dit gaan maak, is hy beslis: “Sonder twyfel. Ek het genoeg pe-trol in my tenk.”

Raak betrokke

Individue en sake-ondernemings kan by die uitdaging betrokke raak en so hul deel vir liefdadigheid doen.

Belangstellendes kan van 26 Maart tot 31 Maart tussen 17:00 en 19:00 saam met Johan trap of stap.

Die kostes is R10 per persoon of nie-bederfbare kos per 5.2km rondte.

Vir ’n donasie van R400, kan besighede 10 minute lugtyd op 26 Maart by LuisterFM “koop”, en op dié dag hul onderneming op die lug bemark.

Verskeie motorfietsklubs gaan die dag daar wees.

“Ons nooi almal uit om ons te kom ondersteun,” sê Johan.

Geldelike skenkings is ook welkom.

Die begin

Johan het Fuel on Wheels in Maart 2016 begin. Sy eerste uitdaging was ’n 1 070km-toer van Johannesburg tot Ui-tenhage om Jamie-Lee Barendse (25), spina bifida-lyer, met ’n nuwe rolstoel te help.

Hulle het sedertdien ook vir Ruané Wentzel (11), wat aan primêre limfedeem ly, met ’n drukkous vir bloedvloei na haar been gehelp.

Hul liefdadigheid stop nie hier nie.

Fuel on Wheels het die 10-jarige Janecke Schuin, wat haar been in ’n ongeluk verloor het, met geld vir ’n kunsbeen bygestaan.

Verder het die organisasie kos, klere en skryfbehoeftes aan die Laerskool Innes in Uitenhage geskenk.

“Ons innige dank gaan aan die Entangled Freedom Bi-ker Club, asook die groter motorfiets-gemeenskap. Sonder hulle wonderlike ondersteuning sou ons insamelingprojekte nie so suksesvol wees nie,” sê Johan.

“’n Groot dankie ook aan al die Fuel on Wheels-lede en die gemeenskap, sonder wie se harde werk en bydraes ons nie ons eerste verjaardag sou kon vier nie.”

  • Bg.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/News
 

Does your dog have separation anxiety?

We've got tips, advice and how to help your dog

 
 

Paws

Fascinating facts about dogs
Perfectly captured cat snapchats!
Out with the old dog, in with the new
Play with your pet when you're not at home
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.