Jozef Wolhuter: geo-hidroloog van formaat

2017-09-21 06:01
Jozef Wolhuter het ’n onkreukbare rekord as geo-hidroloog en myn-geoloog, en van al die praters rondom die berugte “causeway” oor die Seekoeirivier het hy waarskynlik die mees outoritêre mening.      Foto:JANNIE HOUGH

Jozef Wolhuter het ’n onkreukbare rekord as geo-hidroloog en myn-geoloog, en van al die praters rondom die berugte “causeway” oor die Seekoeirivier het hy waarskynlik die mees outoritêre mening. Foto:JANNIE HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY is vanjaar 85, het ’n onkreukbare rekord as geo-hidroloog en myn-geoloog, en van al die praters rondom die berugte “causeway” oor die Seekoeirivier het hy waarskynlik die mees outoritêre mening.

Hy is Jozef Wolhuter, Hoër Volkskool in Heidelberg, B.Sc. in Geologie en Fisika by Maties, en outoriteit op die gebied van ondergrondse en bogrondse water sedert die dae toe hy ’n reuse-bydrae gelewer het in die mynbedryf in Suid-Afrika.

Deesdae het hy en sy vrou ’n pragtige woonhuis in Eedenglen, maar sy fut is nog lank nie uit nie – nie solank die betrokkenes by dinge soos die Aston-/Paradys-spoelbrug sukkel om die probleem op te los nie. Eintlik, sê hy, is daar geen probleem nie, behalwe dat die brug se ligging verkeerd is. Vêrder terug met die rivierloop, waar die Seekoei- en sy buur-rivier nie breed loop nie, is die ideale plek vir twee relatief goedkoop brûe, wat die Paradysenaars na Jeffreysbaai kan neem.

Vir verskeie dekades was hy aktief by dié stryd betrokke. Hy het sy kennis aangewend om met die munisipaliteit te kontak en raad te gee, maar tot op hede het sy en ander se pogings op dowe ore geval. Dié lomp hantering van die saak, en vele ander water-verwante probleme, was vir hom n bron van frustrasie, omdat hy passievol is oor waterbronne en die korrekte hantering daarvan. Sy verdere oplossing lê in die gebruik van die kanaal wat lank gelede teen ’n paar miljoen deur ’n siviele ingenieur vir die natuurlike vloei van die water geskep is en lankal oorgroei en in onbruik is – waarom, weet niemand nie.

Ná Maties wou hy nie veldwerk doen nie, maar het hy as myngeoloog by Randfontein Estates en Westonaria gewerk. Hier het hy by kartering van ondergrondse boorgate betrokke geraak. Omdat riwwe skuif, is eksplorasie belangrik, en kartering dui die ligging van riwwe aan en waar presies geboor moet word. As geo-hidroloog het hy gepoog om alles van water te weet wat te weet is. Hy definieer: “Die wat, die waarvandaan en waarheen, die hoë en wanneer en hoekom van (veral) ondergrondse water.”

Sy loopbaanhoogtepunte was die suksesvolle ontwatering van die Gemsbokfontein-kompartement en die uitstaande kartering van boorgate by die Doringkop-myn. Die posisie van boorgate, planne van ondergrondse riviere en verwagte verskuiwings was deel hiervan. Waar hy betrokke was by Westonaria, het geen sinkgate ontstaan nie, omdat sy benadering tot ontwatering en dolomiet-gedrag anders was as dié wat by bv. Carletonville aangewend is. Die hele land ken die tragi-komedie van dié dorp se sinkgate.

Jozef het die wêreld redelik plat gereis, beide as afgevaardigde en intelligente toeris. Lande wat hy besoek het, sluit in die VSA (NASA-kongres en besoek aan ses universiteiteite), Europa, in 1999 weer VSA waartydens hy byna 45 000 km per trein deur dié grootse land gereis het. In 2010 per skip na Italië, en ’n 10-dae toer deur Afrika.

Hy besit ’n imponerende hoeveelheid dokumente, veral rondom die Seekoeirivier-probleem, waarin hy wetenskaplik aandui wat gedoen behoort te word. Van sy vroeëre werk as myngeoloog wil hy by die Noordwes-Universiteit inhandig vir moontlike publikasie en vir hul argiewe, omdat hulle die naaste aan die betrokke myne geleë is. Sy werk is voor die rekenaar-dae gedoen, maar bevat verbysterende fyn detail en tekeninge van uitstaande gehalte.

Hy is getroud met Rachel (“met ’n ch!”) – ’n borrelende, aangename mens wat twaalf jaar sy junior is en wat die ernstige Jozef met humor en ’n tikkie vroulike tergery hanteer. Sy seun werk as meganiese lugvaartingenieur in Boston, VSA en sy een dogter is doktersvrou en die ander ingeniersvrou.

Hy is nog lank nie klaar geleef nie en het na sy aftrede landmeterwerk gedoen. As hy lees, lees hy Die Burger en wetenskaplike werke. Punt. Tans speel hy lekker met elektriese treintjies, en soos ek sy soort B.Sc.-mense ken, is dit ’n plesier en leerervaring om dié stokperdjie saam met hom te geniet.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.