‘Jy loop nie alleen nie’

2016-11-10 06:01
Die lewe het vir Jeané Kunneke in Mei 2015 ’n onverwagse draai gemaak toe sy met fase 4-kolonkanker gediagnoseer is. By haar is haar man, Dewald, en twee kinders, Dianè en Junay.           Foto: RRAD PHOTOGRAPHY

Die lewe het vir Jeané Kunneke in Mei 2015 ’n onverwagse draai gemaak toe sy met fase 4-kolonkanker gediagnoseer is. By haar is haar man, Dewald, en twee kinders, Dianè en Junay. Foto: RRAD PHOTOGRAPHY

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“JY sal nooit alleen loop nie,” is die gedagte waarmee jeugdige kankerlyer Jeané Kunneke se vriende haar elke dag dra.

Met sulke vriende kan jy ’n pad stap, want die lewe het vir Jeané in Mei 2015 ’n onverwagse draai gemaak toe sy met Fase 4-kolon-kanker gediagnoseer is.

Sy is op 19 Februarie 1990 in Sasolburg gebore. As vrolike tiener het sy daar by die Afrikaanse Hoërskool in sport en kulturele aktiwiteite uitgeblink, en is sy in gr 9 as Mej. Fonteine en in gr 11 as Mej. Afrikaanse Hoërskool gekroon. Nadat sy by die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom ’n BComm-graad in Bemarkingsbestuur behaal het, is sy op 29 September 2012 met Dewald getroud. Hulle het twee dogtertjies.

Na die diagnose in 2015, is met chemoterapie begin en het die kolonprobleem grootliks verdwyn. Daar was egter uitsaaiings in die lewer wat mettertyd minder geword het, maar later is behandeling weer hervat nadat ’n verdere tumor ontdek is. Die behandeling is egter gestaak, omdat dit haar ernstig aangetas het en sy met delirium gediagnoseer is.

Tans word sy voltyds versorg en mag sy nie bestuur of alleen met haar dogtertjies gelaat word nie. Sy aanvaar elke dag soos dit kom. Hoewel sy deur moeilike fases gaan, word sy gesteun deur haar leuse, “God is my Rots en Anker,” en is sy mateloos dankbaar vir alle emosionele en finansiële bystand.

Hul mediese fonds is uitgeput en daarom is die Jean Kunneke-fonds deur familie en vriende gestig. Hulle maak erns met die gesin se welsyn en vra dringend dat meelewende en empatiese lede van die publiek die fonds sal ondersteun. Verskeie pogings is al aangewend om fondse in te samel. So is daar op 29 Oktober, vanjaar by Jacques en Liesje Steenkamp se plaas, Zuurbron, ’n baie suksesvolle veiling en sosiale byeenkoms gehou wat die fonds aangevul het.

Daar word ook op 1 Desember, vanjaar ’n Jakkie Louw en Jana du Plessis-optrede by Mentorskraal beplan. Kaartjies is by Men- torskraal beskikbaar.

Die publiek se bydraes word dringend gevra. Kontantinbealings kan by die volgende rekening gemaak word: FNB, Jeffreysbaai, takkode 210515, Reknr. 6262 774 9495. Ronél Serfontein, wat aktief en passievol by die gesin en projekte betrokke is, kan by by 076-143 8869 geskakel word of epos rserfie@gmail.com . Buff/kopbandjies is by haar beskikbaar.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.