Kaalvoetkind leer inwoners lees, skryf

2016-10-27 06:00
Sarah (11) en Elizabeth Labuschagne van Joubertina leer minderbevoorregte inwoners van die gebied lees, skryf, en somme maak. Foto: MONIQUE BASSON

Sarah (11) en Elizabeth Labuschagne van Joubertina leer minderbevoorregte inwoners van die gebied lees, skryf, en somme maak. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MET haar kaalvoete - al effens vuil gespeel -, skoon gesig, pers kopband en groen oë lyk sy soos enige gewone 11- jarige.

Maar Sarah Labuschagne van Joubertina is verseker nié doodgewoon nie. Dié gr 5-leerder van die Hoërskool McLachlan leer saans vyf minderbevoorregte vroue van Louterwater lees en skryf.

Haar oudste leerder is tans 71. Die jong ‘juffrou’ wéét wat sy doen. Sedert sy in Julie, vanjaar die vroue onder haar vlerk geneem het, kan hulle al hul name skryf en selfs uit die Bybel lees.

Sarah is deel van die nie-winsgewende organisasie, 4U Development and Training, wat in 2013 deur haar ma, Elizabeth, op die been gebring is. Elizabeth gee klas vir gr 10 tot gr 12-studente wat sukkel om te leer, of voor hul matriekjaar die skool moes verlaat. Sy volg die ABET-kurrikulum. Daar is tans 73 studente in Louterwater, Krakeel en Ravinia.

“Ek het besef dat vyf van die leerders intensiewe aandag nodig het, en het die hulp van Sarah ingeroep. Een van hulle het nie eers die verskil tussen ’n regmerk en ’n kruis geken nie,” vertel Elizabeth. “Sy het al my verwagtinge oortref en die studente is gek oor haar.”

Volgens Elizabeth verander Sarah se liefdesdaad voorwaar lewens.

“Selma Janse (71), Sarah se oudste leerder, kon nie ’n vorm invul of haar identiteitsnommer skryf nie. Vandag neem sy haar toevlug tot die Bybel wanneer sy ’n slegte dag beleef en droom daarvan om binnekort op haar eie na ’n outomatiese tel-ler te gaan. Wie weet, miskien maak sy eendag haar eie klein besigheid by haar huis oop - iets waaroor sy nooit voorheen kon droom nie.

.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.