‘Kaptein Maurits’ se passie

2017-03-23 06:02
Dit het Maurits Pretorius (72) van Jeffreysbaai nagenoeg 2 500 ure oor ’n tydperk van 2 ½ jaar geneem, maar plankie vir plankie het hy ’n modelskip van die HMS Victory gebou. En nog een. En nog een . . .                                        Foto’s:MONIQUE BASSON

Dit het Maurits Pretorius (72) van Jeffreysbaai nagenoeg 2 500 ure oor ’n tydperk van 2 ½ jaar geneem, maar plankie vir plankie het hy ’n modelskip van die HMS Victory gebou. En nog een. En nog een . . . Foto’s:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

‘NET hier het een van Engeland se be-roemdste vlootvoogde, Lord Horatio Nelson, in die seeslag van Trafalgar in 1805 gesneuwel,” sê Maurits Pretorius (72) van Jeffreysbaai en wys na die houtdek van die skaalmodel-HMS Victory.

Maurits vryf ingedagte oor een van die 104 kanonlopies wat deur hul gate loer, wys dan weer na ’n ander deel van die model-skip wat hy besig is om te bou. “En hier is die soldate se ablusiegeriewe - dieselfde kleur as die van die oorspronklike skip.”

Hy verdwyn in ’n aangrensende vertrek en kom met ’n opgerolde papier onder sy arm te voorskyn, vou die groot stuk papier stadig oop en vee eerbiedig met sy hand daaroor.

Elke potloodstreep van die gedetailleerde plan van die HMS Victory wat in 1765 vir die eerste keer ter water gelaat is, is met presiese noukeurigheid nagetrek. Nie ’n streep of kolletjie is uit plek nie. ’n Stille getuie van jare se geduld, oneindige navorsing, kopkrap, beplanning en selfs herbeplanning, gedryf deur sy onblusbare passie vir oorlogskepe.

Die groot droom

Om die wêreldberoemde HMS Victory op skaal te bou, was nog altyd Maurits se droom. En nie net een keer nie, maar drié keer - een vir elk van sy drie kinders.

Dit het Pretorius nagenoeg 2 500 ure oor ’n tydperk van twee en ’n half jaar geneem, maar plankie vir plankie het hy sy modelskip van die HMS Victory gebou.

Hy het in 1997 begin bou en beoog om binnekort sy derde Victory te voltooi.

’n Pynlik-perfeksionistiese taak, vernaam omdat Maurits feitlik alles vir sy skaalmodel-oorlogskip self maak: van die meet, sny, skuur en skaaf van die balsahout vir die romp en maste tot by die ragfyn versierwerk van die skip. Hy het slegs die kanonlopies in Johannesburg laat maak. Vroulief Salome (70) is weer die meester seil-maker.

Die skip is in die fynste besonderheid gebou met klein reddingsbootjies, lanterns, ankers, trappies, 104 kanonne, ’n boegbeeld, toilette, en bollende seile.

“Dun repies plastiek kom tussen die twee lae van die seile om die illusie te skep dat die seile in die wind waai,” verklap Maurits sy tegniek.

Harde werk

Hy werk tussen vyf tot ses ure per dag en improviseer dat dit bars. “Byvoorbeeld, die lanterns aan die agterkant van die skip is ’n klein gloeilampie, ’n koperwasser en -draad en Pratley Putty. ’n Groot verskeidenheid krale en boomsade is die unieke goue versiersels en die besonderse boegbeeld en ankers is van pratley putty gemaak. Ek het die ankers koper geverf en in ’n kersvlam gebrand om dit daardie outentieke voorkoms te gee.”

Dit moet seker ’n fortuin kos ... “Die kanonlope alleen beloop oor die R2 000. Ek reken dit kan enigiets tussen R4 000 en R5 000 wees,” antwoord Maurits.

Sy ‘skeepswerk’ kom al ’n lang pad. Op laerskool al het hy ’n skaalmodel van die Santa Maria gebou waarna ander skaalmodelle van onder meer die San Gabbriel, die Cutty Shark, die Thermopylae en die Revenge gevolg het.

“Van wat ek kan onthou, het ek ’n groot belangstelling in oorlogskepe en die bou daarvan gehad,” sê Pretorius. “As kind het ek skepies uit karton gebou en dit as ’n flottielje op ons plaasdam geseil. Elke skip was met sy eie arsenaal van vuurwerke toegerus. Dit het net een brandende skip gevat om ’n ware seestryd te ontketen.”

In ’n vorige lewe?

As gesinsman het hy tydens familievakansies in Durban in die hawe geboer om foto’s van skepe te neem en terug op die plaas naby Brits het hy dan dié gekiekte skepe te begin bou.

“Daardie tyd was daar geen internet of boeke beskikbaar om my te help nie. Ek moes op my foto’s en geheue staatmaak.”

Hy het ook verskeie briewe aan die Maritime Museum in Kaapstad geskryf, tog, sê hy, dit was asof hy al vooraf presies geweet het hoe om die skepe te bou.

“Dalk vind ek nog eendag uit waar my aanvoeling vir en fassinasie met oorlogskepe, veral die HMS Victory, vandaan kom. Dit kan dalk net wees dat ek in ’n vorige lewe oorlogskepe gebou het, of selfs die kaptein van een van dié skepe was.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

French Bulldog helps kids with facial differences

Lentil Bean is a french bulldog who was born with a severe cleft nose, lip and palate.

 
 

Paws

Weird things dogs do
Makeover saves dog’s life
For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.