Kareedouw jubel oor posdiens

2015-11-19 06:00

NÁ maande se posdroogte in Kareedouw, ’n dorpie in die Oos-Kaapse Langkloof, lyk dit asof daar voortaan verspreide “posbuie” sal voorkom.

Hoewel dié “bui” net een keer per week in dié deel van die Langkloof voorspel kan word, is dit steeds beter as die algehele posdroogte.

“Posdienste wat een keer ’n week gelewer word, is veel beter as géén dienste nie,” sê Francois Strydom, ’n DA-raadslid.

Die dorp was die afgelope paar maande in ’n poskrisis gedompel toe rekeninge en ander belangrike posstukke nie betyds, óf soms glad nie, afgelewer is nie.

Posaflewerings is vroeër vanjaar reg oor die land gekniehalter weens geldtekorte, maar die Suid-Afrikaanse Poskantoor het dit ontken.

“Hier is prokureurs op die dorp wat oorspronklike dokumente moet versend, en dan ten duurste maar met koerierdienste stuur,” verduidelik Strydom die gesukkel sonder posdienste.

Maar verlede week is daar glo nuwe lewe in Kareedouw se posdienste geblaas toe afgevaardigdes die dorp besoek en weeklikse posaflewering beloof het.

Presies watter dag die ‘posduif’ op die dorp sal neerdaal, moet nog aangekondig word, maar Strydom meen die weeklikse posaflewering sal reeds volgende week in Karee-douw begin.

Maar Khulani Qoma, woordvoerder van die Poskantoor, sê posaflewerings vir ’n dorp word deur ’n gebied se volume pos bepaal.

Qoma voeg by dat die posafleweringske-dule vir die Kareedouw-distrik mettertyd wanneer daar sekerheid is, op prominente plekke in dié dorpie aangebring sal word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Jordaan missing in action

13 minutes ago

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.