KBF kry nuwe voorsitter

2016-05-26 06:00
Een van van Jefreysbaai se bekendste inwoners, Finney Jordaan, is gekies as die Kouga Besigheidsforum se nuwe voorsitter.                    Foto: JANNIE HOUGH

Een van van Jefreysbaai se bekendste inwoners, Finney Jordaan, is gekies as die Kouga Besigheidsforum se nuwe voorsitter. Foto: JANNIE HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

EEN van Jefreysbaai se bekendste inwoners, Finney Jordaan, is gekies as die Kouga Besigheidsforum se nuwe voorsitter. Tydens die afgelope jaarlikse verkiesingsvergadering het hy Frans van Eeden vervang as die nuwe leier van die KBF.

Finney, wat sy sakevernuf in ’n aantal provinsies ge-slyp het, is ’n seun van Malmesbury wat by die Welkom-gimnasium gematrikuleer en in Potchefstroom by die PUK die graad B Pharm verwerf het.

Van farmaseut tot sakeleier – hoe gebeur dit? Farmasie, sê hy, is ook ’n besigheid waar kennis indirek verkoop word. Die apteker is gesondheidsmentor, vriend van die publiek, medewerker van medici. Om dié rol te vervul, moet jou kennis en belangstelling wyer strek as die vier mure van ’n apteek. Die welsyn van die publiek is ’n eerste prioriteit, en dít vereis sake-insig, belangstelling in die groter samelewing.

Sy sakekennis het beslag gekry toe hy, ná sy internskap in Bloemfontein, by ’n private hospitaalgroep aangesluit het. Hier het hy tot 1994 as bestuurder van alle verbruikbare hospitaalitems gewerk. Toe word hy in Utrecht gemeenskap-apteker voordat hy in 1996 in Jeffreysbaai kom praktiseer het. Hy was later eienaar van vyf apteke omdat daar besigheidgeleentheid daartoe was. Daarna het hy na deeglike oorweging besluit om alles te verkoop en ’n Dischem-apteek in die Fountains-inkopiesentrum te begin.

Omdat byvoorbeeld Thyspunt vir hom ’n naderende werklikheid is, is sy huidige betrokkenheid by die KBF vir hom belangrik, omdat hy vanuit daardie perspektief kan meehelp dat alle besighede hul kan skik vir die toekoms. Hy meen sakekennis en visie is nodig om in die huidige sakeklimaat te vorder.

Hy is egter meer as skerp strateeg en denker. Hy draai die ou gesegde “leef en laat leef” so effens om en hou meer van “laat leef en leef.” Daarmee sien die publiek ook die sagter kant van dié suksesvolle sakeman wat glo dat die huidige lewe maar net ’n fase is waartydens hy veral andere se daaglikse welsyn raaksien. Hy het eintlik net één leuse: Leef sinvol.

Behalwe jagter, is hy ook ’n gekwalifiseerde vlieënier. Hy voeg tong-in-die-kies by: hy speel nié gholf nie. En die hoogtepunt van al sy suksesse: dit het hy op 7 November 1992 behaal: toe hy Esté tot voor die kansel gekry het!

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.