Kermderm

2016-10-27 06:00
: Jannie Hough

: Jannie Hough

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DAAR was dié oom Morrie. Sê jy vir hom “Môre”, brom hy: “Kan jy nie ordentlik groet nie?” Die volgende dag sê jy: “Goeie môre, Oom!” Dan mor hy: “Wat is so goed omtrent die môre?”

Hy was ’n professionele kermderm. Nie dat dit verkeerd is nie! Sy ma het hom so bore. Dis nie ’n gebrek of afwyking nie – dis ’n oriëntasie. Dis in die gene. Jy kies nie om so te wees nie – die oriëntasie kies jou. Hy het die reg om onvergenoeg te wees. En al voel “normale” mense lus om hom verder te help oriënteer (’n klap teen die oor, en een teen die teer), is dit só verkeerd: hy het ook menseregte.

Vroutjies het ook hul hormonale oomblikke. Toneel: Man, vroegoggend: ”Saam gaan draf, Skat?” Sy: “Wil jy sê ek is vet?” Hy: “Nee, nee – maar dis goed vir jou gesondheid” Sy: “So, nou is ek sieklik?” Hy verbouereerd: “Jy verstaan my verkeerd, Skat” Sy: “So, ek is nog onnosel ook.” Hy: “Dis nie wat ek gesê het nie, Lief!” Sy: “Sê jy ek lieg?” Hy: “Toemaar, skat, slaap nog ’n bietjie. Ek gaan gou alleen draf.” Sy: “Ja, jy doen mos alles alleen. Ek kan maar hier lê en doodgaan.”

Alles is vir oom Morrie verkeerd: Die baas is onbeskof. Die dokter is ’n kwak. Alle polisielede is platpote. As die prokureur se grafsteen lees: “Hier lê ’n prokureur en ’n eerlike man” dan brom hy: “Snaaks – 2 mense in een graf.” Die kinders is afsku-welik stout. Die dominee preek te kort, dan weer te lank. As dominee Sondag blymoedig uitroep: “Elke grassie is ’n preek” en Maandag sny hy die pastorietuin se gras, dan stap Kermderm daar verby en sê vir die swetende leraar: “Dis reg, dominee, sny die preke kort.”

Die munisipaliteit, sê oom Grompie, is paloekas. Die kat miaau te hard. Die hond kort ’n kettie. Sy vrou eet te veel tjoklits. Kerm...kerm...kerm. Gaan lê hy saans, is die donskussing te sag: “Die ellendige ganse se dons is nie wat dit was nie. Die hele gebroedsel het Newcastlesiekte.” As vroutjie dan belangstellend vra of dit nie ’n hoendersiekte is nie – dan ontplof hy: móét sy altyd ’n argument soek?”

Hy kerm as jy van hom verskil – of saamstem. Hy moan van brekfis af tot laataand se warm sjokolade. Kerm oor die munisipale rekening. Die seisoene. Sy vrou se klerekas. Oor die reën. Die wind. Die see wat raas. Oor sy broeke wat krimp om die middel: “Wonder wie maak sulke gemors!” Vroutjie mag nie “bierpens” noem nie, dan loop hy vir drie weke diep beswaard in die huis rond.

Hy vertel jou baie vinnig in watter fabriek vrouens geskep word – KFC, want hulle kekkel onophoudelik. En jongmans word deur Fattis en Monis vervaardig, want hulle is almal oorgewig en kerm oor alles. Hy skater oor sy eie grap en as jy net glimlag, brom hy iets van “humorsin.”

Kyk, dis onmoontlik, sê hy, om altyd po-sitief te wees: hoekom moet jy probleme beskou as ’n leer na bo, terwyl die eintlik struikelblokke is? Hoekom entoesiasties oor alles wees, jy lol met die chemie van jou brein. Wie wil sy gedragspatrone versterk as die wêreld so treurig is?

Sielkunde is ook sommer twak! Hierdie byderwetse psycho babble: “Some men see things as they are and say, “Why?” Others dream things that never were, and say, “Why not” – is sommer ’n hoop klei. Jy kan nie probleme reg dink nie. Wees realisties – kerm daaroor!

Die positiewe denke storie is nie sý ding nie. “Maar oom Moaner”, probeer jy hom help – “as twee paddas in ’n bak room beland en die een gee op, dan verdrink hy. Maar die ander hou aan swem, dan word die room later botter – en dan klim hy uit!”

Hy staar jou aan asof ’n rinkhals hom gepik het: “’n Padda in room! Sies! Het jy nie maniere nie? Siek, man, siek!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.