Kia Soul laat die koppe draai

2016-06-30 06:00
Kia se plesierige stasiewa-agtige buksie is ’n ryding wat jou met sy veelsydigheid verras.

Kia se plesierige stasiewa-agtige buksie is ’n ryding wat jou met sy veelsydigheid verras.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE nuwe KIA Soul is soos ’n wulpse vrou vol kontraste - plek-plek is sy jeugdig, kleurvol en wild met soepel lyne, maar sy is ook gespierd, propvol krag, en elegant.

Kia se plesierige stasiewa-agtige buksie is ’n ryding wat met sy veelsydigheid verras.

Die oomblik wat jy jou sit kry in die ruim kajuit met sy gemaklike sitplekke, weet jy dit gaan pure rygenot wees. Sy stasiewa-voorkoms en parmantige rooi dak laat die koppe onwillekeurig draai.

Dit is juis dié uitsonderlike voorkoms wat byklank vind by byderwetse, alternatiewe jongmense. Dit is vir ’n groeiende gesin waar ruimte belangrik is.

Rondritsvermoë

Met die Soul kan ’n mens ewe gemaklik in stadsverkeer sowel as op die oop pad rondsrits

Agter die stuur sit ’n mens gerieflik hoog met ’n goeie uitsig op die pad. Dit is deesdae ’n noodsaaklikheid om seker te maak jy tref nie een van daardie pynlike slaggate of ’n bees in die pad nie.

Die Soul is toegerus met ritverstellings vir sportief, normaal of die groen-opsie om ekovriendelik te wees en brandstof te bespaar.

Aanpasbare veringverstellings kan met die druk van ’n knoppie op die stuurwiel gedoen word. Dit bied jou die keuse tussen sagte, gemaklike of ferm sportaksie wat elk ’n eiesoortige invloed op die suspensie, stuur en versnelling van die motor het.

Die Soul is met 18’-wiele toegerus wat bydra tot ’n meer sportiewe gevoel en verriting en perfek pas by die breëbors voorkom.

Op die veiligheidsfront is die motor met ABS-remme (skywe rondom) toegerus, vastrapbeheer, elektroniese stabiliteitsbeheer en elektroniese wegtrekbeheer.

Volgens die vervaardiger kan ’n gemiddelde brandstofverbruik van rondom 7 liter/ 100km verwag word.

Interieur en laairuimte

Die Soul se binneruim is prakties, ruim en propvol tegnologie. Beenruimte is gerieflik.

Die laairuimte bied 354 liter tot 994 liter pakplek en is genoeg vir maandeinde-inkopies of die gesin se bagasie vir ’n wegbreeknaweek. Indien groter items opgelaai wil word, kan die agterste sitplekke plat vou.

Die vurige Soul spog met ’n hoë gehalte klankstelsel met al die bykomstighede. Die klankstelsel kan vanaf die stuurwiel beheer word.

Vir die van ons wat so effens sukkel om die parkeer-ding lekker onder die knie die kry, kom die parkeersensors voor en agter handig te pas. Daar is ook ’n klein TV-skerm waarvan die kamera agtertoe afneem as trurat geska-kel word, spoedbeheer op die outomatiese ratkasweergawe, volle klimaatbeheer, lugsakke voor en agter en genoeg pakplek vir al daardie losgoed wat altyd ’n bêreplek soek.

Klank-, geraas- en vibrasievlakke is verder verlaag.

Die Soul laat ’n gevoel van deeglike inge- nieurswese, gehalte en nuwe standaarde in die kleiner-motor groep.

Die Kia Soul is pure ryplesier wat koppe laat draai

Opsies

  • Soul 1.6 MT START: R2299 995.00
  • Soul 2.0 AT SMART: R379 995.00
  • Soul 2.0 MT STREET: R336 995.00
  • Soul 1.6 AT START: R349 955.00
  • Soul 1.6 MT DSL STREET: R 364 995.00
  • Soul 1.6 AT DSL SMART: R 418 995.00

.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.