Kierang met tydlose skoonheid

2016-02-18 06:00
Pauline Schoeman, wat al vir 24 jaar in permanente grimering spesialiseer, verseker dat ten spyte van wat baie vroue glo, nie pynlik of skadelik is nie.                  Foto: VERSKAF

Pauline Schoeman, wat al vir 24 jaar in permanente grimering spesialiseer, verseker dat ten spyte van wat baie vroue glo, nie pynlik of skadelik is nie. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

AL met afguns gewonder hoekom daardie een vriendin of kollega altyd so perfek lyk?

Of jy haar nou vroegoggend uit die bed opjaag, of sy nou net `n uur in die gim deurgebring het en of sy `n paar branders met haar bord getem het, sy lyk of sy pas uit `n skoonheidsalon gestap het. Tog sien jy haar nie alewig doenig met allerhande kwassies en verfies nie – sy grimeer byna nooit nie.

Hoe is dit moontlik? Jy spandeer altemit ure voor die spieël elke week om te verseker elke lyn is in plek – nie te veel nie en ook nie te min nie – en so elke nou en dan gaan maak jy seker of jou “kunswerk” nie van `n Mona Lisa in `n Van Gogh verander het nie. Sport en water is buite die kwessie.

Die antwoord is maklik: permanente grimering. Ja, getatoeëerde ooglyn, wenkbroue, liplyn en lipstiffie.

Pauline Schoeman, wat al vir 24 jaar in permanente grimering spesialiseer, verseker dat ten spyte van wat baie vroue glo, dit nie pynlik of skadelik is nie en is die grimering werklik permanent.

“Ek kan die gevoel die beste beskryf as irriterend of krapperig – dit verskil egter van mens tot mens. `n Verdowingsroom word wel op die gedeelte wat getatoeëer word, gebruik,” sê sy. “Die permanente grimering raak mettertyd ligter soos wat die lagies vel bo-oor die getatoeërde deel meer word, maar dit vat jare.”

Hoe het alles vir Pauline begin?

Waar ander kinders huise en bome geteken het, het Pauline van kleins af oë en wenkbroue geteken.

“Ek het `n graad in Bedryfsielkunde en `n honeursgraad in Statistiek . . . en nou verf ek mense se gesigte,” sê sy laggend. “Toe ek meer as 20 jaar terug besluit het om tydelik met permanente grimering te begin, het ek nooit ge-droom dat dit binne jare `n voltydse beroep sou word nie.

“Ek was nog altyd baie lief vir kuns en mense. Nou het ek nie net die geleentheid om die twee liefdes te kombineer nie, maar ook om deur my werk ander mense gelukkig te maak. Dit is vir my terapie. Waar ander onstpan deur in te kleur, ontlaai en herlaai ek my siel deur mense se gesigte in te kleur.

“Ek kry soveel lewensvreugde uit my kliënte. Hulle gee mening en kleur aan my lewe. Wat ek nou doen, is beter en lekkerder as enige ander werk.”

Volgens Pauline is sy sensitief vir mense se emosies en hul energie. “Ek kan voel wie is gemaklik en wie nie. Omdat ek die eerste keer bang was, weet ek hoe dit voel. Daarom verduidelik ek stap vir stap wat ek doen.

“Een van my kliënte was so bang, dat ek vir haar `n teddiebeer gegee het om vas te hou.”

Pauline vertel sy fokus op kwaliteit produkte en kwaliteit werk. “Ek doen eerder `n ekstra sessie voor ek iets verkeerd doen.”

Volgens haar kan twee tipies masjiene gebruik word. Albei het `n vibrasie-effek op die naald, wat die tatoeëerpigment onder die vel inplant. `n Nuwe steriele naald en pigment word vir elke behandeling gebruik.

“Elke tegniek en strook word vir elke persoon se individuele behoeftes aangepas en die kleur van die pigment word volgens elke persoon se vel- en haarkleur gemeng. Verskillende naalde, metodes en tegnieke word gebruik. Die resep wat vir een persoon werk, werk nie noodwendig vir die volgende persoon nie,” sê Pauline.

“Daar is geen beter gevoel as wanneer kliënte my na die tyd met dankbare trane in hul oë bedank nie. Die een kliënt, wie se permanente grimering by `n ander grimeerkunstenaar `n groot flop was, het die boodskap vir my gestuur na ek daarin kon slaag om die flop om te keer: You have changed my life, I am walking tall again.

“Dit maak alles die moeite werd.”

S Pauline werk sedert 2015 op `n tydelike basis by Aqua Spa.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.