Kiesers knor oor swak diens

2017-05-18 06:02
Dié munisipale voertuig het verlede Woensdag sy laaste asem in De Reygerstraat uitgeblaas. Die voorste wiel-as het morsaf gebreek.    Foto’s:VERSKAF

Dié munisipale voertuig het verlede Woensdag sy laaste asem in De Reygerstraat uitgeblaas. Die voorste wiel-as het morsaf gebreek. Foto’s:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SWAK dienslewering . . . vervalle infrastruktuur . . . stukkende voertuie . . . leë beloftes . . .

Ontgogelde Demokratiese Alliansie-kiesers is ontevrede oor munisipale dienslewering en sê dat daar niks gekom het van beloftes om op te tree teen knoeiende raadslede en munisipale stelsels wat kwesbaar is vir politieke manipulasie en korrupsie. Infra-struktuur en die nodige hulpbronne om werk doeltreffend te doen, is ’n kopseer.

“Ek is skaam om te erken dat ek vir die DA gestem het,” sê een ontnugterde inwoner. “Dit is die een leë belofte na die ander . . . en intussen gaan ons mooi Kouga by die dag agteruit.

“Slaggate is aan die orde van die dag, beeste en varke loop die strate vol, riool borrel by pompstasies uit en Wavecrest-inwoners moet daagliks met bruin water worstel. Die munisipale-vloot is ’n grap. Daar is nie genoeg voertuie nie, en die voertuie wat wel beskikbaar is, is in ’n haglike toestand. Finansies om dié voertuie te herstel is daar ook nie.”

Dié inwoner kla voort: “Die vragmotor om straatligte te herstel, is al vir weke buite werking en staan in Port Elizabeth om herstel te word. Ons is moeg vir leë beloftes. Wat het die DA vir ons die afgelope nege maande beteken?”

’n Ander inwoner som dit só op. “Dit is erfsondes van die vorige administrasie. Hoe kan mense verwag dat die DA al die jare se wanbestuur in ’n ommesientjie moet regstel?”

Nog ’n mening: “Die DA sal hul sokkies moet optrek. Kiesers kan maar kla, want die vee, pad-slagysters en misdaad is nie juis minder nie.”

Infrastruktuur Portfolio Raadslid Desmond Petersen sê: “Ten spyte van al die uitdagings wat ons van die vorige Raad geërf het, inslui-tende die begroting en projekte wat reeds vir 2016/2017 goedgekeur is, kon ons die daaglikse bedrywighede van ons infrastruktuur-afdeling verbeter en met groot kapitaalprojekte voortgaan.

“Daaglikse bedrywighede is verbe-ter deur slimmer te werk. Waar no-dig, is voertuie gehuur om dienslewering te verseker. Die vragmotor om straatligte te herstel, is reggemaak. Slaggate en paaie word gereeld herstel en die elektriese infrastruktuur word gemonitor om stroomonderbrekings te verminder.”

Die Kruisfontein Afvalwaterbehandelings-werke word tans opgradeer, asook die hoof 22kv-elektrieselyn na Kruisfontein. Nage-noeg 247 erwe by Donkerhoek sal binnekort elektrisiteit hê.

Die Raad is tans besig om die begroting en projektelys vir die nuwe finansiële jaar saam te stel. Sodra die begroting in werking tree, sal die implementering van projekte en dienslewering aansienlik verbeter,” sê Petersen.

“Die begroting maak voorsiening vir die aankoop van voertuie, sodat munisipale werkers hul werk kan verrig. Weens begrotingbeperkings, kan alles nie onmiddellik vervang word nie.

“Verskeie kostebeperkingsmaat-reëls sal geïmplimenteer word, sodat ons meer kan doen met die geld wat ons het.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

Makeover saves dog’s life

Lucky Charlie got a complete make-over that helped him get adopted.

 
 

Paws

For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.