Klassieke motors tot model vliegtuig en doedelsak

2016-04-07 06:00
’n Hoogtepunte van die Jeffreysbaai Klassieke Motorklub se vyfde jaarlikse motorskou, Keiths Piekniek, is Riaan Nel (JBay Radio Flyers) se skaalmodel van die Hawker Hartbees. Johan Marais (Jeffeysbaai Klassieke Motorklub) se ligblou 1947 Davdon is ook ’n móét sien.          Foto: MONIQUE BASSON

’n Hoogtepunte van die Jeffreysbaai Klassieke Motorklub se vyfde jaarlikse motorskou, Keiths Piekniek, is Riaan Nel (JBay Radio Flyers) se skaalmodel van die Hawker Hartbees. Johan Marais (Jeffeysbaai Klassieke Motorklub) se ligblou 1947 Davdon is ook ’n móét sien. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE wiele is reeds aan die rol en die ratte ge- olie vir die Jeffreysbaai Klassieke Motorklub se vyfde jaarlikse motorskou, Keiths Piek- niek, wat op 9 April by die Supertubes-piek- niekarea in Da Gamaweg plaasvind.

Tientalle uitstallers en motorklubs is deel van dié opwindende skou met motors as die fokuspunt - klassieke motors, veteraan motors, sowel as meer moderne- en sportmotors.

’n Juweel in die kleine is die ligblou 1947 Davdon, wat met ’n spierwit metaal-afslaandak spog. Dié motor is met die hand in Sandton, Johannesburg gebou.

Buiten motors waarvan elke petrolkop droom, word vele nuwighede vanjaar aangebied wat ’n besoek beslis die moeite werd maak.

Vlerke vorm nou ook deel van die gewilde motorskou. Die JBay Radio Flyers gaan verskeie van hul modelvliegtuie aan besoekers ten toon stel. ’n Hoogtepunt is Riaan Nel se skaalmodel van die Hawker Hartbees. Dié vliegtuig is op die Hawker Audax geskoei, met wysigings om aan Suid-Afrikaanse vereistes vir naby-ondersteuning vliegtuie te voldoen. Die eerste vier Hartbees-vliegtuie het op 28 Junie 1935 hul eerste vlug onderneem. Daarna is nog 65 gebou. ’n Totaal van 53 van dié vliegtuie is tydens die Tweede Wêreldoorlog ontplooi.

Nóg ’n spesiale en onvergeetlike toevoeging tot vanjaar se motorskou, is die Algoa Caledonian Pipe Band wat die strate met die klanke van hul Skotse doedelsakke gaan vul.

Dié motorskou beloof puik gehalte om alle verwagtinge in die Kouga te oortref. Keiths Piekniek begin om 09:30 vir 10:00 en eindig om 15:00.

Toegang is gratis en braaivleisvure sal voorsien word. Bring ’n heerlike piekniekmandjie en kampstoele, en geniet ’n dag in die buitelug omring deur spogmotors van weleer.

Plaaslike inwoner Johnny Vee sal deurentyd vir musiek sorg.

Vir meer inligting, skakel Johan Marais van die Jeffreysbaai Klassieke Motorklub by 082 924 5346.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.