Klippe van genesing, onthou en hoop

2017-04-20 06:01
BO: Veel meer as klippe: Die klipstapel op die strand in Kabeljauws, bring genesing en hoop vir moeë lewensreisigers.                                        Foto’s:VERSKAF

BO: Veel meer as klippe: Die klipstapel op die strand in Kabeljauws, bring genesing en hoop vir moeë lewensreisigers. Foto’s:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIT is soveel meer as net klippe . . . dit bring genesing, onthou, hoop en vrede vir honderde uitgeputte lewensreisigers wat elk ’n sielsklip op dié klipstapel pak.

Sommige met ’n boodskap. Sommige kaal. Soms kan die seer nie verwoord word nie.

Maar elkeen stap weg met ’n tikkie vrede in hul hart. En diegene wat terugkom, vind genesing. Berusting. Aanvaarding.

Dié baken van hoop; ’n spesiale, handgemaakte 4.5m kliptoring - weggesteek agter ’n duin 2km van die parkeerarea in Kabeljauws - is ’n stille bewaarder van die grootste lief en leed. Sy voete deurdrenk van trane.

Volgens Dean en Theunisia Blom van Bay Cove Inn in Jeffreysbaai wat vir die afgelope 13 jaar daagliks na die klipstapel draf, het hulle onverwags op die “heilige plek” afgekom.

Hy sê dit is onbekend wie die klipstapel begin het. Daar word bespiegel dat die eerste klip deur ’n plaaslike inwoner neergesit is. “Dalk deur iemand wie se hart vir hom of haar gesê het om dit te doen.”

Dean vertel: “Ons honde-kind, Lee Lee, het ons na die klipstapel gebring. Sy het oor ’n duin verdwyn . . . en net 50m verder het die klipstapel gestaan. Toe nog nie eers ’n halwe meter hoog nie.

“Dit was asof sy geweet het dat ons in die toekoms ’n spesiale plek nodig sal hê. ’n Plek waar ons met haar kan praat. ’n Tyd wat hopeloos te gou gekom het . . . Lee Lee, ’n Duitse Herdershond, is in Desember 2013 oorlede. Sy was meer as net ’n hond. Sy het in ons lewens gekom toe alles uitmekaar geval het. Met haar onvoorwaardelike liefde, het sy weer betekenis aan ons lewens gegee.”

Dean sê daar is net een rede hoekom hulle elke dag na die klipstapel gaan: vir Lee Lee.

“Dit is waar ons met haar kan praat. Daar voel ons naby aan haar. Daar is ’n rustigheid aan die plek. Dit is ons happy place.”

Volgens Dean moedig hulle die afgelope nege jaar al hul gaste aan om die klipstapel te besoek. Meeste gewapen met ’n spesiale boodskap-klip wat Lee Lee oor die jare na die gastehuis aangedra het. Ander tel daar ’n klip op.

Al die boodskappe is positief en inspirerend - boodskappe van hoop, liefde en vrede.

“Ek weet wat die plek vir ons beteken . . . en wat dit vir ander wat deur moeilike tye gaan kan beteken,” sê Dean.

“Hoewel ons nie die klipstapel begin het nie, kan ek met trots sê dat ons gaste van diegene is wat die meeste klippe daar pak.”

Daar is ook ’n bankie 15m van die klipstapel waar mense kan sit. Dit is net so onbekend hoe die swaar bank daar gekom het - daar is geen voetpaadjie nie.

Enigiemand wat weet wie die klipstapel begin het, skakel Monique Basson by 082 219 9169 of stuur ’n epos na Monique.Basson@media24.com.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.