Knip-knip sing die knipskêrtjies weer

2017-02-02 06:01
Danie Malan van die plaas Tierhok naby Patensie in sy werkswinkel waar hy plukskêre vir sitrusboere herstel.  Foto: Werner Hills

Danie Malan van die plaas Tierhok naby Patensie in sy werkswinkel waar hy plukskêre vir sitrusboere herstel. Foto: Werner Hills

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Skroefie hier, ’n veertjie daar, ’n druppeltjie olie op die regte plek – en siedaar, ’n stokperdjie verander in ’n landswye diens vir die sitrusbedryf!

Wat agt jaar gelede as ’n stokperdjie begin het vir Danie Malan van die plaas Tierhok by Patensie in die Gamtoosvallei, is vandag oor die land heen ’n onontbeerlike diens vir die sitrusbedryf.

Sy voorliefde om self sy plukskêre te versien, het gegroei tot ’n onderneming waar verlede jaar 10 000 van hierdie skêrtjies deur sy hande versien en herstel is. En hierdie syfer sal sekerlik aan die einde van hierdie jaar heelwat hoër wees.

Nou lê die dag toe ’n buurman, Pierre Ferreira, met ’n krat vol ou skêrtjies by hom opgedaag het, ver in die verskiet. Dié dag toe Malan besef het dat sy stokperdjie ’n besigheid kan word. Hy het nou meer as 100 kliënte landwyd.

Algaande die nuus versprei het oor die gehalte van die diens wat hy lewer, het dit gou tot ’n groeiende getal skêrtjies gelei wat meer en meer sitrusboere kom aflewer het. Met die versien van ou plukskêre het talle boere nou al ’n dubbele stel skêre opgebou. Daar hoef nie meer gesukkel te word met ’n stomp plukskêr nie.

“Ek het nie naastenby gedink hierdie stokperdjie sou sulke groei toon nie. Maar, ek kla nie! Wanneer daar plukskêrtjies is om gediens te word, spandeer ek elke werksdag ’n paar uur in die werkswinkel.

“Afgesien daarvan dat dit ’n diens is wat ek lewer, is dit baie terapeuties. Terwyl ek daarmee besig is, kry ek tyd om te dink en my kop skoon te kry. Dit is ’n lekker uitdaging om ’n flenterskêr te ontvang en dit agterna aan die kliënt terug te besorg met die wete dat dit hom nog baie jare se goeie diens sal gee.

“Dit bly egter ’n stokperdjie vir my, al maak ek darem ook ’n paar sente daaruit,” voeg hy by met ’n vonkel in die oog.

Hoewel ’n skêrtjie net uit ses dele bestaan, moet jy weet hoe om dit te slyp en die skroefies te verstel sodat dit gemaklik is vir die plukkers, wat daagliks honderde vrugte pluk,” verduidelik Malan.

“Wanneer die skêr gemaklik in die hand pas en ook skerp is, is só ’n werker baie meer produktief en is dit baie makliker om kort stingels te knip soos die mark dit vereis.

“Behalwe vir die baie vrugte wat daarmee gepluk word, word dit ongelukkig soms ook gebruik om draad te knip of blikkieskos mee oop te maak. Die lemme word dan beskadig en dit moet geslyp word.

“Dis belangrik om ’n handvyl te gebruik sodat die staal nie sy temper verloor nie. Die plukskêre word met ’n draadborsel skoongemaak, geolie, en die senterboutjie word gestel. Dan volg die slypproses. Daarna word ’n leervelletjie, en ’n nuwe veer, sou dit nodig wees, aangesit.

“Die werker se vingers word deur die leervelletjie gesteek, wat keer dat die plukskêr op die grond beland,” verduidelik Malan, en voeg by dat ’n sertifikaat vir GlobalGap (FV 4.1.15), soos vir uitvoere verlang word, ook voorsien word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/World
 

Fascinating facts about dogs

Think you know a lot about dogs? How many of these facts do you know?

 
 

Paws

Perfectly captured cat snapchats!
Fascinating facts about dogs
Out with the old dog, in with the new
Play with your pet when you're not at home
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.