Koot : Oudwêreldse ‘gentleman’

2017-05-25 06:00

SY lewe lees soos ’n storieboek wat jy glad nie wil neersit nie. Probeer hom vasvang in enkele paragrawe, dan duik daar ander belewenisse op wat jou stom laat. Maar hier is enkele kwashale van die groot portret.

In 1953 in Odendaalsrus gebore en skool voltooi by Hoërskool Schoonspruit in Klerksdorp onder die hoofskap van die legendariese oom Skip Scheepers. As jy hom nie as hoof gehad het nie, is daar moontlik ’n gat in jou opvoeding.

Koot se groot droom was die SAPS (“Polisiemanne was só indrukwekkend met hul dasse en uniforms!’). Hy sluit in 1971 by die SAPS aan. Die Oppenheimer-groep hand-pick egter later noukeurig vyf SAP-lede as mynspeurders, waarvan hy een is. Hier styg hy uit (dié man wat sy “regtervuis onder beheer het, maar bang is vir die linker een”), lei ander speurders en hondehanteerders op. Hy doen intensiewe speurwerk en vlek in sy loopbaan verskeie hoëprofiel-sake oop. Maar toe hy moet kies tussen etiese en onetiese gedrag, bly hy getrou aan homself en sluit in 1989 by die grootste SA-lewensversekeringsmaatskappy aan. Hier ding hy binne die eerste twee jaar mee om junior kampioenskapstatus.

Tussendeur moes hy “deur baie pyn om mens te word, om in hom self die wyer Self te herken.” Hy verloor op tragiese wyse twee vrouens, een na agt jaar en die ander na agt maande. Dit was so seer dat hy nie weer wou trou nie, maar ’n pragtige soldoedie van die Leërkollege in George (hierdie is ’n geheim!) bel hom eendag uit ’n helikopter en sê: “Ja, ek sal jou nooientjie wees.” M...maar, ek het jou nie gevra nie! Dis oukei, koer sy – ek sê Ja! Hulle is vanjaar 33 jaar getroud.

Sy dryfkrag laat hom sy eie vyf suksesvolle sakebelange vestig. Maar die leemte in hom laat hom eindelik doen waarvoor hy gebore is: hy studeer by die Irene Teologiese Kollege en word beroep na Joubertina in die Oos- Kaap. Hy preek in daardie tyd by tot drie gemeentes op ’n Sondag. In die bediening is sy lewe deurspek met wondere. Toe sy liefling-dogter klein was, het sy onverklaarbaar siek geword en het haar hart agt keer ophou klop, sodat die dokter aanbeveel het dat hulle haar los – sy sou ’n ‘blomkool’ wees as sy lewe. Maar enkele dae later is sy volkome gesond huis toe, sonder mediese ingryping, omdat Pappa se geloof onwrikbaar was. Sy is tans derdejaar LL.B.-student by Noordwes-universiteit. Na die “blomkool”-voorspelling, was sy die briljantste mensie: van gr 4 tot 12 elke jaar provinsiale en SA-netbal en diskus-kam-pioen; in gr 11 self besluit om van skool te verwissel, al het sy voor in die ry gestaan om hoofmeisie te word by haar ou skool. Hier het sy haar wenresep voortgesit, lid van die leerlingraad geword, en ná matriek het die hoof, namens twee weldoeners, haar ’n volle studiebeurs plus ruim maandelikse sakgeld aangebied.

Maar die seer het nie uitgebly nie, want sy oudste seun, ’n groot sakeman van Gauteng, se moord word tans nog ondersoek. Daar was ander seerkry-dinge vir hierdie teerhartige man wat nie vir noodlydendes nee kan sê nie en dikwels sy laaste geld weggee. Hy het alles verloor toe hy eenmaal vir ’n sakeman baie geld geleen het. Toe ’n bank hom nog dagvaar ook, het ’n wildvreemde prokureur hom gratis verdedig, die hofsaak gewen én hom ’n motor ge-skenk!

Sy das-versameling is nou al geskiedenis. Die SAPS-manne se dasse het hom beïnvloed om dasse te versamel, waarvan hy tans 4018 besit. Hieronder tel onverkrygbare dasse, soos Frik du Preez s’n met baie Springbok-handtekeninge op, een met ’n Oosterse koning daarop, een van die inhuldiging van die Voortrekkermonument. Teen gewone kleinhandelpryse bereken, is die versameling ongeveer ’n halfmiljoen Rand werd. Maar inderwaarheid is daar dasse wat tot R45 000 stuk werd is. Sy droom is ’n das-museum waar hy dié unieke versameling kan uitstal.

Die lewe het hom gebrei. Veral sy kinderlike, onkreukbare geloofslewe het hom teer, nederig, eerbaar, erkentlik gemaak. Leuens, vals beskuldigings en diefstal verfoei hy, en hy bely dat dit ’n swak punt in sy wese is dat hy so wrewelrig daaroor voel... juis omdat hyself so uitverkoop is aan God en medemens

Hy werk op 64 nog kliphard vir een van die groot eiendomsmakelaars in Jeffreysbaai. Die vrygewige man wat altyd net weggee, haal ’n bandjie van sy arm af waarop staan “Onbeskaamd Eties.” Hy gee dit vir my en ek voel soos elite. Daar is sowaar nog edelmanne in die 21ste eeu!

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

8 great natural remedies for your pet

Tips and tricks to cure your pet’s itches and coughs, naturally.

 
 

Paws

Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
11 animals before and after they were adopted from shelters
Competition pet grooming – creative or too extreme?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.