Kouga erf vrot paaie

2016-12-15 06:02

DIE Kouga-munisipaliteit wou dienslewering agtermekaar kry om die toeloop van vakansiegangers te hanteer, maar het nie verwag dat die vlootvoertuie in so ’n swak toestand sou wees nie.

Só sê Elza van Lingen, die uitvoerende burgemeester.

“As die nuwe regering op plaaslike vlak, is een van ons belangrikste doelwitte dat ons vakansiegangers ’n goeie, onvergeetlike seisoen sal hê.

“Dit hang natuurlik af van ons voorbereidings vir die gewone toeloop van vakansiegangers en basiese dienste soos water- en elektrisiteitsvoorsiening, vullisverwydering en behoorlike rioolbestuur.”

Volgens haar is die nuwe bestuur nie ’n funksionele vloot munisipale voertuie belowe nie, maar hulle het ook nie voertuie verwag wat in so ’n swak toestand is nie.

“Weens bepaalde prosedures was dit onmoontlik om die voertuie wat ons afgeskryf het, te vervang. Dit sal in 2017 gedoen word en ’n behoorlike forensiese oudit sal gedoen word,” sê Van Lingen.

“Uit ’n vloot van 220 voertuie moet 72 afgeskryf word. Slegs agt word as in ’n goeie toestand beskou.

“Die diensvoertuie wat herstel kon word, is herstel. Die munisipaliteit het voldoende voorsiening gemaak deur bykomende voertuie te huur om te verseker dat die vullisverwydering en riooldienste glad verloop,” sê Van Lingen.

Sy is ook ontevrede met die instandhouding van paaie. “Ons was baie teleurgesteld om by die departement van paaie en openbare werke te hoor dat daar nie geld is vir die instandhouding van Kouga se paaie nie.

“Boonop is die volle R75 miljoen wat aan die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit toegeken is, na ongefinansierde kapitaalprojekte in die oostelike deel van die provinsie herlei.

Daar is ’n hele aantal paaie wat in die jurisdiksie van die provinsiale departement van paaie en openbare werke val.

“Dit laat ons met groot vertakkende paaie soos Da Gama- en St. Francisstraat in Jeffreysbaai en Voortrekker-, Hoof- en Parkstraat in Humansdorp wat nie in stand gehou word nie.

“Daar is soortgelyke probleme in Hankey en Patensie waar ’n pad waarvoor die provinsie verantwoordelik is deur Hankey en Patensie loop.”

Die munisipaliteit het ingegryp om slaggate te herstel en verfwerk in strate te doen.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.