Kouga-toerisme wil bod insit vir wêreldbyeenkoms

2017-05-25 06:00
Die Sweedse span, Skylotec Adventure, het ná 80 uur as Expedition Africa se wenner oor die wenstreep gehardloop. Van links is Simon Niem, Johanna Wallensten, Mårten Svensson en Jonas Andersson.                                            Foto:BRUCE VIAENE

Die Sweedse span, Skylotec Adventure, het ná 80 uur as Expedition Africa se wenner oor die wenstreep gehardloop. Van links is Simon Niem, Johanna Wallensten, Mårten Svensson en Jonas Andersson. Foto:BRUCE VIAENE

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KOUGA-toerisme, in oorleg met Kinetic Events, gaan ’n bod indien om oor twee jaar Expedition Africa se wêreldbyeenkoms aan te bied.

Dit volg op die suksesvolle voltooiing van Expedition Africa se avontuurren die afgelope naweek in die Kouga-omgewing.

Altesaam 39 spanne uit 13 lande het van 12 tot 21 Mei 2017 aan Expedition Africa-Baviaans, een van Afrika se grootste avontuurwedrenne, deelgeneem. Dié taai avontuurwedren is oor 500 km in die Kouga- en Baviaans-gebied van die Oos-Kaap aangebied.

Deelnemers het die roete slegs met ’n kaart en kompas aangepak en voltooi.

Esti Stewart van Kouga-toerisme sê die omgewing het die laaste jare bewys dat hulle die avontuurren kan aanbied.

“En nou gaan ons by Adventure Racing World Series ’n bod indien om in 2019 die wêreldbyeenkoms aan te bied.

“Een van die deelnemers van die afgelope sewe jaar het aan my gesê ons gemeenskap verdien om die wêreldbyeenkoms aan te bied. Hy het nie na die mooi Baviaansomgewing of die kuslyn verwys nie, maar na die mense,” het Stewart bygevoeg.

Volgens haar beteken die aanbieding van Expedition Africa baie, want die Kouga-omgewing word sodoende aan die wêreld bemark.

Die Sweedse span, Skylotec Adventure, het ná 80 uur as Expedition Africa se wenner oor die wenstreep gehardloop, gevolg deur die Australiese span, Thunderbolt AR, in die tweede plek. Derde was die Suid-Afrikaanse span, Nevarest Jabberwock, wat in die eerste been 60 km ekstra fietsgery het weens ’n navigasie-fout. Later die nag het die Franse span, Nantes Adventures, by die wenstreep aangekom.

Span Fluid met die leier en navigator Johan Bornman (49), sy vrou, Marlize (36), Brigitte Joubert (31) en die akteur Ivan Zimmerman (40), het Saterdag ná 514 km oor die eindstreep gestap.

Swart sê Fluid was die laaste span wat die volle roete gehardloop, geroei en fietsgery het. “Hulle het nie kortpaaie gevat nie en het dus nie die 39ste plek nie, maar wel 30ste plek gehaal.

“Die spanne wat kortpaaie gebruik het, is gepenaliseer,” het sy bygevoeg.

Die roete het die hele Kouga-gebied ingesluit, van die St. Francis-gebied tot die Gamtoosriviermond, en noordwaarts dele van die Baviaanskloof-wildernisgebied.

Volledige uitslae is op die webwerf www.expafrica.live beskikbaar.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

SPECIAL REPORT: #GuptaLeaks

2017-06-01 11:58

Inside News24

 
Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

Embracing sustainability in tobacco agriculture

In Sub-Saharan Africa, farming represents a subsistence lifestyle for millions of people. In recent years though, the development of farming into an economic activity has made a real change in how the land is used in providing for the population.

/Africa
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.