Kougadam op laagste vlak sedert 2011

2017-01-19 06:02
Die Kougadam in Desember 2016 toe dit net meer as 52% vol was. Die vlak is tans 44,4%.                                             Foto: LOURENS SCHOEMAN

Die Kougadam in Desember 2016 toe dit net meer as 52% vol was. Die vlak is tans 44,4%. Foto: LOURENS SCHOEMAN

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Kougadam het gister tot sy laagste vlak sedert 13 Mei 2011 gedaal toe dit op 44,4% te staan gekom het.

Die langtermyn- gemiddelde reënval vir Januarie en Februarie in die opvanggebiede van die opgaardamme wat water aan die Nelson Mandelabaai-metro voorsien, is laag en min reën kan in dié tyd verwag word, aldus Pierre Joubert, uitvoerende hoof van die Gamtoosbesproeiingsraad.

“Beter neerslae kan in Maart verwag word. Dit is gewoonlik ’n goeie maand vir reën in die opvanggebiede. Dit bly dus uiters belangrik dat elkeen – die verbruikers in die stad, asook besproeiingsboere – steeds soveel water moontlik bespaar,” sê hy.

Joubert voeg by dat die metro die afgelope ruk binne die vasgestelde beperkings bly. “Hulle onttrek tans binne hul kwota vanuit Loeriedam. Ons is ook tevrede dat die besproeiingsboere binne hul vasgestelde kwotas bly.”

Annette Lovemore, lid van die Nelson Mandelabaai-metro se burgemeestersraad vir infrastruktuur, ingenieurswese, elektrisiteit en energie, sê hoewel watergebruik deur verbruikers goed is, is dit nog nie op die vlak wat die metro wil hê nie.

“Hul bydrae tot besparing is uitstekend en die metro is baie dankbaar daarvoor.

“Die metro se toekenning vir hierdie maand is 292 miljoen liter per dag, maar daar word tans drie miljoen liter te veel gebruik. As dit egter vergelyk word met die 60 miljoen liter wat ons in Augustus verlede jaar per dag te veel gebruik het, is dit uitstaande.

“Die algemene waterbewustheid is hoog – ’n mens kan dit sien. Dit sal sekerlik deur die burgemeester in ag geneem word wanneer hy volgende maand moet besluit of strenger tariewe ingestel moet word,” aldus Lovemore.

Al wat, volgens haar, nou nodig is, is vir elke huishouding om bykomende klein besparings te maak om die teikengebruik te haal.

Lovemore sê die metro onttrek tans sy kwota vanuit die Loeriedam en maak nie meer inbreuk op die water van die besproeiingsboere nie. “Die probleem is egter dat ons nou ooronttrek uit die Mpofu- en die Churchill-dam. Dit beteken die metro se vraag na water is hoër as die voorsiening,” sê sy.

Quinton Jacobs, senior voorspeller by die weerkantoor in Port Elizabeth, het vroeër gesê die probleem is dat die opvanggebiede in ’n lae reënvalgebied is. “Die gebied wes van Port Elizabeth is in die oorgangsgebied tussen die somer- en winterreënvalgebied. Die somerdonderstorms, wat uit tropiese lugmassas ontwikkel, vorm gewoonlik oos van die gebied.

“Dit beteken dat goeie neerslae nie in die somer hier voorkom nie, terwyl die kouefronte in die winter reeds uitgereën is wanneer dit dié gebied bereik.”

Volgens Joubert was die vlak van die Kougadam dieselfde tyd verlede jaar 92%.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.