Kry Kimberley-gat kleintjies?

2016-02-11 06:00
Die afsigtelike gat ontsier Pelikansingel reeds vir twee weke.          Foto: JANNIE HOUGH

Die afsigtelike gat ontsier Pelikansingel reeds vir twee weke. Foto: JANNIE HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

NET toe Jeffreysbaaiers begin dink daar is ’n nuwe natuurfenomeen aan’t ontwikkel, toe vind hulle uit Kimberley se groot gat is nie besig om oral kleintjies te kry nie – dis maar net ons munisipale werkers wat gate grawe om waterpype te herstel en dan vergeet om dit op te vul.

Wat die publiek graag wil weet, is eenvou-dig: wanneer so ’n gat gegrawe is en die pype herstel is, waarom neem dit so lank voor hierdie Ongeluk-wat-wat-om-te-gebeur toegegooi word? Hoe lank neem dit bekwame werkers om vas te stel of die nuwe pype ook lek voordat hulle die werk voltooi?

Behalwe vele ander jong Kimberlietjies, is die mees onlangse gat in Astonbaai reeds op Dinsdag 27 Januarie met ’n tru-grawer oopgedolwe. Die paar pale wat as waarskuwingsmiddel moet dien, het omgeval, die rooi-en-wit lint het gevorder van halfmas tot op die grond, en die afsigtelike gat ontsier Pelikansingel reeds vir ’n week.

Die publiek stel belang in presies hoe lank dit neem om so ’n projek te voltooi – vanaf die oomblik dat ’n ernstige lekkasie aangemeld is, totdat die gat gegrawe is en die pyp vervang, geanaliseer en toegegooi is. Is daar verskillende spanne – oopgrawers, pyplêers, pyp-analitici, toegooiers?

Hoe lank neem dit om te sien of ’n nuwe pyp begin lek, of is dit standaardpraktyk om so ’n gat vir ’n week of drie oop te los? En, in besonder – word daar gewag tot iemand met ’n motor in so ’n gat beland voordat daar vinniger gewerk word?

Geen kommentaar kon teen druktyd van die Kouga-munisipaliteit verkry word nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.