Kuns blaas nuwe asem in Mariëtte

2017-04-20 06:00
Wanneeer Mariëtte de Kock (59) voor haar esel gaan staan, kry al haar mooiste herinneringe vorm op die doek voor haar.                             Foto:MONIQUE BASSON

Wanneeer Mariëtte de Kock (59) voor haar esel gaan staan, kry al haar mooiste herinneringe vorm op die doek voor haar. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MET haar rooi boskasie, oranje kopband, bonkige silwer ketting en bloedrooi lippe staan Mariëtte de Kock (59) uit . . . nie eers die bloedrooi Wimpy-bank kan aan haar uitspattigheid afbreek doen nie.

Niks omtrent haar is subtiel nie. Haar voorkoms en kleurvolle persoonlikheid skreeu kunstenaar. Dit beklemtoon haar individua-liteit.

’n Halfgedrinkte koppie koffie staan eenkant, vergete. Sy wink die kelner nader, be-stel nog koffie. Maar ook dié koppie verloor die stryd teen die kunstenaarsiel . . .

Mariëtte, ’n skildenaar wat 20 jaar gelede die nasionale kunswêreld aan haar voete gehad en met bekende mense soos Pik Botha skouer geskuur het, lewe nou haar passie in Jeffreysbaai uit.

Elke verfstreep bring genesing - nie net vir haar nie, maar ook vir elkeen van haar kunsstudente.

Vóór die nuwe fase in haar lewe begin vorm aanneem het, het sy so byna vergeet sy kan dit doen.

Mariëtte praat oor haar woestyntydperk. “Ek het alles gehad waarvoor ek kon hoop: ’n suksesvolle loopbaan, ’n liefdevolle man, ’n groot huis, ’n spoggerige motor en die voor-uitsig om ’n ma te word.

“Toe verloor ek alles. My man, my hoop op kinders, my loopbaan . . . alles. Ek het vir jare in ’n klein vertrekkie om oorlewing gespook. Ek was oortuig daarvan dat my werk nie goed genoeg is nie, dat ek nie goed genoeg is nie.

“Net toe ek dink dinge kon die erger nie, word ek met bipolêre gemoedsteurnis diagnoseer. Die geweldige pyn en warboel waarin my gemoed by tye was . . . ek kan dit nie be-skryf nie. Ek wou ’n einde aan alles maak, maar het nie die moed gehad nie.

“Ek het ure op my knieë voor God deurgebring, gesmeek vir ’n uitweg. Ek het ’n belofte afgelê: as ek weer my volle potensiaal in my kuns kan bereik, sal ek my talent in ’n bediening omskep.

“Verstrengel in my probleme, was ek vir lank doof vir sy Stem. Tot op daardie een wonderlike dag . . . daar het deure oopgegaan waar ek seker was net mure is.”

Mariëtte, oorpronklik van Pretoria, het die nuwe lewensfase met oorgawe aangegryp. Nie net het haar kuns nuwe hoogtes bereik nie, maar haar persoonlike lewe het ook ’n welkome liefdesinspuiting gekry. Mariëtte, wat meer as ’n dekade in Jeffreybaai woon, het vier jaar terug met Bill Kennedy (88) getrou.

Dié geestelike deurbraak en geluk wat sy gevind het, wys in die kleurgebruik in haar kuns. Sy gebruik veral oranje, geel en pers. “Dit is ongelooflik wat met jou siel gebeur as jy jou hart uit verf.”

Hoewel sy in alle mediums werk, spesialiseer sy in portrette en gebruik veral pastel en akriel. Haar werk is by Peter’s Gallery en Palette Kunsmark in Jeffreysbaai te sien. Verskeie van haar nuwe werk hang reeds teen die mure van huise en sakeondernemings regoor Suid-Afrika.

Getrou aan haar belofte aan God, bied sy tans kunsklasse aan.

Hoendervleis oorval haar. “God soek elkeen van my studente met sy Hand uit. Ek en my studente bid voor elke kunsklas en het ons eie ondersteunings- en gebedsgroep gevorm.

“Die klasse is soveel meer as net dit. Hier word ons vernuwe en geestelik verryk.”

Mariëtte droom groot vir die toekoms. Sy hoop om binnekort haar eie kunsgallery en volwaardige kunsskool by haar huis in Wavecrest te open.

Miskien om haar gloriedae van ouds te herleef toe sy vyf kunsgallerye in Suid-Afrika bestuur het en haar werk by nasionale kunsuitstallings te sien was.

Maar een dink is seker. Voor haar esel, is waar Mariëtte op haar gelukkigste is.

Wanneer sy voor haar esel gaan staan, kry al haar mooiste herinneringe vorm op die doek voor haar. Al dink sy nie altyd bewustelik aan alles nie, voed dit haar siel soos niks anders kan nie. Terwyl sy netjies seker maak dat elke vorm perfek is, gaan lê daar ’n lagie trots oor al die seerplekke en verlange in haar hart.

Dan kry sy die seker wete dat daar oorge-noeg mooi dinge in die lewe is om die lelike dinge mee te beveg. Dit is bloot ’n keuse wat jy moet maak: Gaan ek verwoes of gaan ek skep? Gaan ek toelaat dat ek breek of gaan ek begin bou?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.