Kyk so, Kia se Rio raak alte deftig

2017-07-13 06:00
Aitsa! Kia se nuwe Rio het sy slenterdrag vir ’n pak klere verruil. Die ­lyne is nou meestal horisontaal en hoekig, wat hom ’n konserwatiewer voorkoms bied.

Aitsa! Kia se nuwe Rio het sy slenterdrag vir ’n pak klere verruil. Die ­lyne is nou meestal horisontaal en hoekig, wat hom ’n konserwatiewer voorkoms bied.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VAN lelike eendjie tot pragtige swaan, en nou, in sy vierde generasie, het die Kia Rio einde-lik wasdom bereik.

Die gedaanteverwisseling wat die Rio van sy tweede tot sy derde generasie ondergaan het, is grootliks te danke aan die ontwerpghoeroe Peter Schreyer, voorheen van Audi. Dié derdegenerasie-Rio was so suksesvol dat Kia aanvanklik skaars kon byhou met die aanvraag.

Met die nuwe model hoop Kia om voort te bou op sy voorganger se sukses, maar volg dié keer ’n ander benadering.

Speeltyd is verby

Dis nie verrassend dat die nuwe Rio nie heeltemal dieselfde visuele impak het as sy voorganger nie, en dit is ook nie toevallig nie. Met die nuwe model het die Rio sy grootmensskoene aangetrek om by ’n groter kopersmark aanklank te vind.

Die “speelse” en uitbundige ontwerp is nou konserwatiewer en stylvoller – steeds sexy, maar met ’n ernstiger kant. Die Rio is nou 2cm langer as voorheen, terwyl die asafstand met 1 cm gerek is. Die skoon oppervlakke en reg-uit lyne is ’n deurlopende tema.

Die voorkant het ’n platter, breër voorkoms danksy die rooster wat nou platter is, maar breër na die kante strek. Buiten die basismo-del het die rooster ’n blinkswart voorkoms wat met chroom omlyn is. Die kopligte, met ’n streep LED-lampies vir die duurder modelle, is ook platter gemaak en is nou netjies by die rooster geïntegreer.

Sylangs is daar ’n reguit, horisontale skouerlyn wat beteken die vorige model se “stert-in-die-lug”-houding is nou nader aan die aarde gebring. Dan is die agterruit ook reg-hoekiger wat die stert ’n meer regaf voorkoms bied.

Dit lyk asof daar nie ’n lyn uit plek is nie, maar die nuwe, konserwatiewer Rio kry beslis ons goedkeuring.

So lyk die reeks

Die bestaande normaal geaspireerde 1.2-liter- en 1.4-literpetrolenjin word net so na die nuwe Rio oorgedra, met ’n paar tegniese veranderinge hier en daar.

Die 1.2-liter is met ’n vyfganghandratkas te kry, terwyl die 1.4-modelle die keuse tussen ’n sesgang-handrat en ’n vierspoed- outomatiese ratkas bied.

Daar is vier modelle in die reeks. Die LS as basismodel kry die 1.2-liter, terwyl die LX-, EX- en TEC-weergawe die 1400 kry.

’n Driesilinderturbo kan moontlik voor die einde van die jaar sy verskyning maak, wat goeie nuus is. Die sedanweergawe van die nuwe Rio is tans net as linkerstuurmodel beskikbaar, maar regterstuurmodelle word later verwag. Tot tyd en wyl stoom die hui- dige sedan tot ten minste die einde van die jaar voort.

As jy inklim

Die Rio se nuwe, volwasse aard word ook na die binneruim deurgetrek. Daar is heelwat skoon, reguit lyne wat ’n rustige beeld skep terwyl ’n tablettipe raakskerm boaan die instrumentpaneel staan wat al jou nutsfunksies huisves. Verder ondertoe is die skakelaars vir die lugversorging wat heel ergonomies in hul eenvoud is.

In die geheel lyk die paneel nou baie skoner as vantevore. Die afwerking lyk heel gaaf en sagte plastiek word in die middelste deel van die instrumentpaneel gebruik, maar ongelukkig nie aan die bokant nie.

Die talle swart oppervlakke lyk egter somber, hoewel chroomaksente plek-plek ’n bietjie afwisseling bied.

Danksy die langer asafstand is daar ’n raps meer ruimte vir die voorste en agterste passasiers, terwyl die laairuim met 37 liter tot 325 liter gegroei het.

Die Rio ly ook nie gebrek as dit by standaardtoerusting kom nie, met selfs die basismodel wat goed toegerus is, terwyl die duurder modelle onder meer die raakskerm bykry, asook ’n trukamera.

Die topmodel het ook funksies soos snelheidsbeheer, lugversorging, outomatiese ruitveërs en leerbekleedsel.

Sit voet in die hoek

Kia sê hy het die Rio se bakwerk strammer gemaak en die vering fermer vir ’n sportiewer rit en ­direkter stuur.

Al dié dinge word egter in die wiele gery deur die enjin se beperkte vermoëns, veral op die Hoëveld.

Die 1.4-liter-handrat verloor gou stoom op die snelweg, veral teen opdraandes en ’n mens moet gereeld ’n laer rat haak om spoed te behou. Gelukkig wissel die ratte lekker solied en akkuraat, met slegs eerste rat wat soms ’n hakerigheid het.

Hy is veel meer in sy element in die stadsverkeer waar hy moeiteloos voortsnel. Die ritgehalte is aangenaam deels danksy beter klankdemping en vibrasiebeheer en die stuur-gevoel is strate beter as die dooie, vae gevoel van die Kias van ouds.

Slotsom

Dit lyk inderdaad asof die nuwe Rio sy kinderskoene ontgroei het. Party kopers sal dalk teleurgesteld wees met sy konserwatiewer stilering, maar ons dink hy lyk heel gaaf in sy nuwe snyerspak.

Die groter fokus op gehalte en styl binne is ook ’n pluspunt.

Die taamlik futlose enjins is in dié stadium die grootste tekortkoming – daarom sien ons uit na die eenliterturbo.

Die nuwe Rio behoort met hernude ywer sy menige teenstanders in die B-segment aan te vat en die feit dat sy prys basies onveranderd gebly het, is ’n groot pluspunt.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.