Kyk so ’n 4x4-strandstoel

2016-09-22 06:00
Pieter Maziena word deur sy seun, Martin, in die vlakwater van die see op die strandrolstoel gestoot.                                               Foto: WERNER HILLS

Pieter Maziena word deur sy seun, Martin, in die vlakwater van die see op die strandrolstoel gestoot. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY het maande lank gespaar om twee strandrolstoele te kan koop sodat gestremdes, soos hy ook, die vlak branders en strand kan geniet, vertel die 59-jarige Pieter Maziena Dinsdag op Jeffreysbaai se hoofstrand.

Maziena, ’n boorling van Kleinskool in Port Elizabeth en nou inwoner van Carletonville, is al ’n maand lank op Jeffreysbaai waar hy ’n strandstoel vir gestremdes, bejaardes en kleuters bemark.

Dié spesialis in rampbestuur se blink toe-koms het skielik verander toe hy in 2001 in ’n motorongeluk was.

Dié voorval het ’n vlak 5- en vlak 6-nekwerwelbesering veroorsaak, en hy is sedertdien aan ’n rolstoel gekluister.

“Die see het nog altyd vir my ’n bekoring ingehou en ek het begin Google oor hoe mense soos ek op strande kan beweeg.

“So beland ek toe by Karin Deming Industrial in Amerika. Hulle vervaardig ’n ‘floating wheelchair’. Ek het verder gekyk en vasgestel dat dit ook in China vervaardig word. Ek het pryse vergelyk en besef dat dit goedkoper in China is,” sê hy.

Hy het met die Chinese maatskappy se agent in Johannesburg onderhandel om die produk by hulle te koop en die buitebandvervaardigers, Goodyear en Firestone, in Nelson Mandelabaai genader om wiele te ontwerp wat goeie stranddiens kan doen.

Dié planne het egter gesneuwel bloot omdat daar nie ’n mark daarvoor is nie.

“Ek het nie geld gehad om die strandrolstoele te koop nie en het gespaar om twee teen R35 000 elk te koop.”

Sy onderneming, Coastal Beach Wheelchair Hire, is in Desember, verlede jaar op die hoofstrand op Jeffreysbaai bekend gestel. Dit is nou die enigste strand in Suid-Afrika wat heeltemal rolstoelvriendelik is.

Maziena sê sy hoofdoel is om rolstoeltoeganklikheid, volgens die nasionale plan van 2030, ’n werklikheid by alle munisipaliteite te maak.

Volgens hom gaan die Kouga-munisipaliteit aan hom ’n kantoor by die strand verhuur waar hy sy onderneming kan bedryf.

“Daar is reeds belangstelling van ouetehuise wat hul inwoners see toe wil neem.

“My plan is om dit nie net aan gestremdes en bejaardes te verhuur nie, maar ook aan mense met kleuters en aan lyers van chroniese siektes,” sê Maziena.

Hy meen dat dié projek werk sal skep.

Vir nadere besonderhede oor sy produkte, skakel Maziena by 083 331 7369.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.