Laerskool Jeffreysbaai is tops

2017-06-08 06:00
: Die Laerskool Jeffreysbaai in St. Francisstraat - ’n toonaangewende skool waar onderwys op ’n professionele, voortreflike en aanpasbare wyse in Afrikaans en Engels aangebied word - spog eersdaags met hul 100ste bestaansjaar. Foto: VERSKAF

: Die Laerskool Jeffreysbaai in St. Francisstraat - ’n toonaangewende skool waar onderwys op ’n professionele, voortreflike en aanpasbare wyse in Afrikaans en Engels aangebied word - spog eersdaags met hul 100ste bestaansjaar. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Laerskool Jeffreysbaai in St. Francisstraat - ’n toonaangewende skool waar onderwys op ’n professionele, voortreflike en aanpasbare wyse in Afrikaans en Engels aangebied word - spog eersdaags met hul 100ste bestaansjaar.

Die skool het op 1 Januarie 1919 vir die eerste keer geopen. Dit volg na ’n klein skooltjie in 1913 van Sunnyside na Jeffreysbaai verplaas en ’n nuwe primêre skool op 21 November 1918 gestig is.

Die eerste skoolhoof, asook eerste onderwyser, Mej. J.E.C. Buys, het in die beginjare slegs tien leerders onder haar bekwame vlerk gehad.

Nagenoeg ses jaar later is die eerste volwaardige skoolgebou teen ’n koste van 150 Pond in 1924 opgerig. Dié gebou dien tans as die J.E.C. Buys Skoolbiblioteek.

Die huidige skoolgebou is in 1980 gebou.

Deur die jare het die laerskool in status tot ’n gewilde skool gegroei. Hier word ’n vrugbare leeromgewing geskep, geborge in dissipline en Christelike waardes.

Die skool verbind hom tot die uitbreiding van die taal en kultuur waarin die leerders onderrig word.

Die instansie streef daarna om ’n veilige, stimulerende en gedissiplineerde omgewing vir die leeraktiwiteite van al die leerders daar te stel.

Die skool se sportgeriewe vergelyk met van die bestes in die provinsie. By die Laerskool Jeffreysbaai word veral beklemtoon dat leerlinge alle sport moet geniet sodat die beginsel van gesonde sportmangees sterk gevestig word.

’n Hoogtepunt op die laerskool se sportkalender is die jaarlikse Value Added Life Aloe Cup.

Value Added Life Aloe Cup

Agt o.11-rugbyspanne van skole in die Oos- en Wes-Kaap, asook die Vrystaat, meet in Junie vanjaar kragte in Jeffreysbaai tydens die jaarlikse Value Added Life (VAL) Aloe Cup - die grootste geleentheid op die Laerskool Jeffreysbaai se rugbykalender.

Die kampioene, Grey Kollege van Bloemfontein, is vanjaar terug om hul titel te ver-dedig, terwyl die Laerskool Gene Louw van Durbanville wat naelskraap teen die kam- pioene verloor het, vasbeslote is om vanjaar met die trofee weg te stap.

Nog gunstelinge sluit in die laerskole Jeffreysbaai (Jeffreysbaai), Durbanville (Durbanville), Handhaaf (Uitenhage), Volkskool (Graaff-Reinett) en Knysna (Knysna). Die Glenwood Primêre Skool van Durban neem vanjaar vir die eeerste keer aan die rugby- toernooi deel.

Bobaas skeidsregters sal tydens elke wedstryd die fluitjie beheer.

Die VAL Aloe Cup vind vanaf 29 Junie tot 1 Julie in Jeffreysbaai plaas. Na drie dae se top-gehalte rugby en 16 wedstryde, sal die wenspan op 1 Julie gekroon word.

Volgens skoolhoof Johan Dippenaar, is hul mikpunt om die skool so uit te bou dat dit met van die beste skole in die provinsie, indien nie die land nie, kan vergelyk.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.