Laerskoolkore sing pryse los

2016-12-08 06:01

DIE Clarendon Park Primary School en die Arcadia Primary School se senior kore het onderskeidelik die eerste en tweede plekke verower in kyk­NET se Sing in Harmonie-kompetisie vir skoolkore in die Suid- en Oos-Kaap.

Die eindronde is Maandag by die Victory Christian School op Jeffreysbaai gehou. Elke koor moes ’n Afrikaanse liedjie en ’n geestelike liedjie sing.

Clarendon se junior koor het ook die eerste plek in hul kategorie verower.

Rina Dippenaar, Clarendon se koordirigent, sê dit was wonderlik om net te kon deelneem.

“Om te wen, was die kersie op die koek, want ons het baie hard gewerk en goed vir die kompetisie voorberei.

“Dié jaar het ook ’n konserttoer en die opneem van ’n CD ingesluit.”

Volgens Dippenaar is Clarendon Park se junior en se-nior kore op 22 Augustus as die wenners in die uitdunne van dié kompetisie wat by hul skool gehou is, aangewys.

“Ons is baie bly oor die kore se prestasies en sien uit na die pryse wat kontant insluit, asook ’n CD-opname en ’n musiekvideo wat op kykNET vertoon gaan word.”

Judy Hambury, koordirigent van Arcadia, is oorstelp van vreugde oor haar koor se tweede plek.

Dié koor het ook die eerste plek vir die uitvoering van ’n Afrikaanse liedjie, Kan ’n man dan nie, gewen.

He was hul geestelike liedjie.

“My hart swel van trots. My koor het alles gedoen pre-sies soos ons geoefen het.

“Ek het na elkeen se gesig gekyk en gedink dis fantasties dat hulle alles gee net soos hulle geleer is,” sê Hambury.

Hambury is ook vol lof vir die begeleier, Romano Jona-than.

“Hy het net vir ’n paar sessies saam met ons geoefen en sy bydrae was ongelooflik,” sê sy.

Die Victory Christian School se senior koor was derde. Die koor het die afdeling vir die beste geestelike lied gewen.

Volgens kykNET se webtuiste is Sing in Harmonie die eerste skolekoorkompetisie wat skole oor Suid-Afrika heen die geleentheid bied om op nasionale televisie naam te maak en in die proses hul deel van altesaam R50 000 in pryse los te slaan.

Maandag se eindronde word op 6 Januarie op die kykNET-kanaal 146 uitgesaai.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.