Langkloof -bloeiselfees in volle blom

2016-10-27 06:00
Lizz Meiring              Foto’S: VERSKAF

Lizz Meiring Foto’S: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KIKKER jou naweek op met bloeisels, appels, vermaak en hope pret.

Die Langkloof-bloeiselfees, wat die hart van ‘n rustige dorpie, soos Joubertina, van pure adrenalien laat pomp, vind vanaf 27 tot 30 Oktober plaas.

Geleë in die hartjie van die Langkloof op die bekende Roete 62, is dié fees die ideale wegbreek-geleentheid vir die hele gesin.

Feesgangers kan na ’n vrouedag die Donderdag uitsien, asook ’n boeredag, verskeie landbou-uitstallings, stalletjies, en kindervermaak op die Vrydag.

Die Saterdag is die gróót dag met onder andere Mnr. en Mej. Botseltjie wat aangewys word, die motorfietspretren, Roof of the Langkloof, en die Langkloof-bergfietsuitdaging.

Musiekvermaak uit die boonste rakke met kunstenaars, soos Bok van Blerk, boeresport, verfbal, ’n spitbraai teen R70 per persoon en pretritte vir ruiters en hul perde, beloof ‘n wenfees.

Die fees sluit die Sondag met ’n lofdiens af met Karolus en Lente, Lezette Janse van Rensburg en die UCC Blaasorkes by die George McLachlan-saal.

Vrouedag

Die fees skop vanjaar met ’n vrouedag, Le Pa-ris de la Kloof af - aangebied deur SSK Agriland en die Langkloof-bloeiselfees. Vroue kan die dag skouer skuur met een van Suid-Afrika se eie aktrises - Lizz Meiring. Die spyskaart beloof verder borrelende sjampanje, smulgoed en’n tikkie Franse fleur.

Le Paris de la Kloof vind vanaf 15:00 tot 17:00 op 27 Oktober by die NG Kerk-saal in Joubertina plaas. Kaartjies kos R130 per persoon en is by die Hoërskool Nico Malan beskikbaar.

Vir meer inligting, skakel Dalene of Augusta by 042 273 1335 (tussen 08:00 en 14:00), of Sanelle by 078 468 1492 (na-ure).

Boeredag

Die Vrydag is daar ’n groot boeredag wat ’n seminaar met sprekers, soos Johan Badenhorst (Voetspore) en ekonoom Harald Pakendorf, asook ’n interessante tentoonstelling, insluit.

Dr. Leon J. von Mollendorf (algemene bestuurder: Culdevco), SSK-veldbemarker en storieverteller Gertjie Odendaal, Nico Stan-der (Agrimotion Consulting), Sean Walsh (besturende direkteur: Kaap Agri/ Agrimark) en Jannie Willemse (algemene bestuurder: Nulandis Precision Sciences) gaan hul kennis met seminaargangers deel.

Die Langkloof Boeredag vind op 28 Oktober vanaf 08:00 tot 14:00 by die George McLachlan-saal op die sportgronde plaas.

Die registrasie is R300 per persoon en sluit ’n geselligheid met borge, uitstallers en sprekers op die Donderdag om 19:00 in.

Roof of the Langkloof

Die motorfietspretren, Roof of the Langkloof, skop die Saterdag behoorlik stof op.

Kaartjies kos R200 per deelnemer, en sluit toegang tot die fees in.

Vir meer inligting, skakel Roché by 076 135 9443 of besoek www.slakeadventures.com.

Bergfietswedren

Die Langkloof-bergfietsuitdaging toets op 29 Oktober deelnemers se uithouvermoë met roetes van 80km, 35km en 10km.

Vir diegene wat nie vir die ‘trap’ kans sien nie, is daar vermaak, stalletjies en kinderpret.

Inskrywings kos R200 (80km), R120 (35km) en R50 (10km). Vir meer inligting, skakel 082 465 4732 of epos mtb@bloeiselfees.co.za.

Kaartjies vir die fees kos R30 vir volwassenes en R15 vir pensionarisse en laerskoolkinders op die Vrydag, terwyl die kaartjies vir die Saterdag R40 vir volwassennes en R20 vir pensionarisse en laerskoolkinders uit die sak sal jaag.

Daar sal ’n tentedorp op die rugbyveld wees, vir diegene wat verblyf benodig.

Vir meer inligting, skakel 042 273 1335.

  • Besoek www.bloeisel­fees.co.za vir die volledige feesprogram.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.