‘Lekkasies deel van probleem’

2016-02-25 06:00

DIE voortslepende droogte in die land en die gevolglike waterskaarste is ook die rede vir die waterkrisis in die Kou-Kamma-munisipaliteit, wat Joubertina insluit.

Dit is die amptelike verklaring van die munisipaliteit vir die drastiese daling in die watervlak van die Joubertina-dam, wat tussen 4 en 8 Februarie van 1,5 m tot 0,5 m gesak het.

Die dam bedien sowat 1 300 huishoudings.

Die munisipaliteit het egter toegegee dat lekkasies bydra tot die probleem.

Sabelo Nkhulu, burgemeester van die Kou-Kamma-munisipaliteit, sê die Langkloofgebied word ook deur die droogte geraak en waterbeperkings geld om inwoners te ontmoedig om drinkwater vir ander doeleindes te gebruik.

“Die Kou-Kamma-munisipaliteit het waterlekkasies uitgewys as ’n bydraer tot die waterverlies wat in die Langkloof ondervind word. Die munisipaliteit herstel tans ’n pyp na die atersuiweringsaanleg. Die Departement van Water en Sanitasie het R798 420 daarvoor bewillig.

“Ons is ook in die proses om ’n waterpomp aan te skaf om water van die dam na die watersuiweringsaanleg te herlei”.

Die munisipaliteit soek ook hulp om ’n lekkasie-opspoorder te kan bekostig.

“As ’n korttermynoplossing vervoer die munisipaliteit water van Louterwater na Joubertina en die woonbuurt Ravinia. Tweehonderd 25 F-houers water word volgens verskillende roosters en aanvraag aan die gemeenskappe voorsien.”

Die munisipaliteit het bevestig dat daar gister onbehandelde water uit die Joubertina-dam aan die gemeenskap voorsien is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.