Mak dief steel helder oordag

2017-03-30 06:02

’n Skynbaar baie mak dief het Dinsdagoggend tussen 7:30 en 10:00 by die huis van ’n weduwee in Astonbaai ingebreek en heelwat skade aan haar huis se agterdeur en diefwering aangerig.

Ria du Toit, ’n weduwee wat deel is van die Aston Bay Upliftment Project en baie van haar vryetyd aan die skoonmaak van erwe en verf van verkeerstrepe spandeer, het om 7.30 haar huis in Cormorantsingel verlaat om saam met die private werkersgroep ’n deel van Barbetsingel te verfraai.

By haar terugkeer het sy haar agterdeur oopgebreek gekry en gesien dat daar ook gepoog is om deur die diefwering in te kom. Haar klerekas is deursoek, en sovêr vermis sy ’n selfoon.

Van die bure naby haar het ’n jongman met ’n rugsak by haar agterdeur doenig gesien en hom skynbaar ge- ëien as ’n inwoner van die verwaarloosde woonwapark in die dorpsgebied. Besorgde vriende het haar dadelik besoek en probeer help om haar beskadigde eiendom te herstel en haar andersins te ondersteun.

Die polisie was gou op die toneel en daar is besoek gebring aan die woonwapark om leidrade op te volg.

Inwoners word gemaan om as ’n vaste reël hul sekuriteitstoestelle aan te skakel wanneer hulle hul huise verlaat en op die uitkyk te wees vir leeglêers wat geen skade ontsien om die geringste eiendom te steel nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.