Mak diewe stroop slapende vroue

2016-12-08 06:01

IN ’n gewaagde vertoon van skurkery is daar verlede Vrydagnag toegang verkry tot ’n huis in Astonbaai waarin drie vroue woon.

Die betreders het oor tralies geklouter en deur die voordeur ingegaan. Die huiseienares (68), en haar dogter (38) en nog ’n 62-jarige vrou het rustig geslaap terwyl die diewe vinnig toegeslaan en gegryp het wat hulle wou. Die oudste van die vroue was die naweek baie siek, en die diewe het so haastig gesteel waarvoor hulle skynbaar gekom het, dat selfs die hond in die huis nie alarm gemaak het nie.

Die volgende oggend is ’n sak met R3 000 se medikasie en ’n handsak met die dogter se kaarte en geld plus nog ’n sak met persoonlike eiendom vermis. Navraag in die buurt en die karavaanpark in die dorpsgebied het gelei tot inligting dat iemand met ’n rooi Uno-motor skynbaar twee jongmense rondry om sulke misdade te pleeg.

Op Dinsdag 6 Desember het ’n jongman by die huiseienares se werk opgedaag en ná ’n gesprek belowe om te kyk of hy iets in die karavaanpark kan uitvind. Daar is hy oënskynlik deur ander inwonders van die verwaarloosde park gesien toe hy ’n sak uit die ablusieblok se plafon uithaal. Dit was die sak met mediaksie en hy het dit aan die vrou oorhandig in ruil vir R100. Die handsak met bank- en ander kaarte is nog soek.

Die voorval is by die polisie aangemeld.

Inwoners van Astonbaai moet op die uitkyk wees vir leeglêers en dagwerkers wat allerlei los werk soek en op dié wyse hulself op die hoogte kan bring met die veiligheid-opset by private huise. Dit is lankal gebruik in dié dorpsgebied om allerhande artikels uit erwe te laat verdwyn.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.