Man hoor ná ses jaar

2016-03-24 06:00
Godfrey Mahote (32  kan vir die eerste keer in jare weer hoor - danksy ’n gratis gehoorapparaat - na `n hulpkreet op Facebook en die entoesiastiese hulp van die Hear Clearly-personeel.  Sien bladsy 3 vir die volledige artikel.             Foto: MONIQUE BASSON

Godfrey Mahote (32 kan vir die eerste keer in jare weer hoor - danksy ’n gratis gehoorapparaat - na `n hulpkreet op Facebook en die entoesiastiese hulp van die Hear Clearly-personeel. Sien bladsy 3 vir die volledige artikel. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MET die hoor van ’n sagte “Godfrey” sit die jong man doodstil - skaars ’n spier beweeg, net sy mondhoeke kruip stadig opwaarts in ’n byna onsigbare glimlag.

Iemand het sy naam genoem. Na ses jaar van stilte kan Godfrey Mahote (32) - bekend as Twopak onder sy vriende - vir die eerste keer in ’n baie lang tydperk weer hoor wat om hom aangaan.

Dié onvergeetlike oomblik, wat Godfrey se lewe handomkeer verander het en drie groot mans byna in trane gehad het, het met ’n eenvoudige hulpkreet vir ’n gehoorapparaat - al is dit ’n tweedehandse een - op Facebook begin.

Godfrey werk die afgelope maande as ’n vrywilliger by die J.Bay Animal Rescue Sanctuary (ARS), waar hulle elke Donderdag in Tokyo Sexwale die gemeenskap se honde dip en kos gee. Hy is ’n ware staatmaker as dit kom by groot en moeilike honde - ten spyte van sy klein voorkoms.

Dít is hier waar vrywilliger Ian White, Godfrey ontmoet het.

Ian, wat ’n rasperstem het en gevolglik nie hard kan praat nie, het aanvanklik aangeneem dat Godfrey hom net nie kan hoor nie. Eers later het hy uitgevind dat Godfrey sy gehoor in beide ore verloor het na die gebruik van tuberkulose-medikasie.

Dieselfde aand het sy vrou, Carine, die sosiale netwerk ingespan in die soeke na ’n gehoorapparaat vir Godfrey. Binne ure het twee mense elk ’n gehoorapparaat geskenk.

Nou om vas te stel of dié apparate ’n verskil sal maak.

Tydens ’n besoek verlede Woensdag aan Hear Clearly by die PoliClinic in Jeffreysbaai, is daar vasgestel dat Godfrey feitlik nie ’n regter-oordrom het nie, maar die ondersteunende senuwees is in ’n goeie kondisie. In teenstelling daarmee is sy linker-oordrom in ’n werkende toestand, maar die onderliggende senuwees onderbreek.

“Een van die geskenkte toestelle was presies die gesofistikeerde tipe wat Godfrey benodig,” vertel Ian.

“Henry Mann van Hear Clearly het die gehoorapparaat volgens Godfrey se behoeftes geherprogrammeer, dit gemonteer, en siedaar . . . Godfrey kon vir die eerste keer in meer as ses jaar deur sy regterhoor hoor.

“Dit was ’n hoogs emosionele oomblik vir ons almal.”

Terug in die parkeerarea en tydens die motorrit terug huis toe, het Godfrey se oë net al hoe groter en sy glimlag net al hoe breër geword. Die kakafonie van klanke was soos die mooiste musiek wat hy nog ooit gehoor het - die dreuning van die enjin, die wind in sy ore, en selfs die klanke van Skotse-pypmusiek wat hard gespeel word.

Volgens ’n baie stil en skaam Godfrey, kan hy nie genoeg dankie sê vir almal wat hom gehelp het nie.

“Dit is wonderlike om weer te kan hoor.”

Hear Clearly is in die proses om 3D-oor-insetsels vir Godfrey te maak, sodat die gehoorapparaat perfek volgens die vorm van sy oor pas. Hulle het verder ’n tweede gehoorapparaat vir sy linkeroor van die vervaardigers Octicon bekom. Dit alles teen geen onkostes nie.

Nou wat Godfrey weer kan hoor, is Ian opsoek na ’n goeie radio vir hom.

Diegene wat ’n radio kan skenk, skakel Ian by 082 227 5736.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.