Man te laat om ouers uit brandhuis te red

2017-06-15 06:00
Walter en Myrna van der Riet van die plaas Langlaagte het gesterf in die verwoestende veldbrande in the Thornhill-gebied. Hier is hul kleinsuen Josh van der Riet by wat oor is van hul huis.                                            Foto:WERNER HILLS

Walter en Myrna van der Riet van die plaas Langlaagte het gesterf in die verwoestende veldbrande in the Thornhill-gebied. Hier is hul kleinsuen Josh van der Riet by wat oor is van hul huis. Foto:WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY het ná ’n angstige oproep van sy ma deur die verkeer en rook gehaas om haar uit ’n brandende huis te red, maar hy was te laat.

So sê Garth van der Riet tussen die as en metaal wat van sy ouers se huis op hul plaas Langlaagte buite Thornhill in die Oos-Kaap oorgebly het.

Myrna (72) en Walter van der Riet (73) het die naweek hier in ’n brand gesterf. Myrna is Saterdagmiddag op die toneel oorlede, terwyl Walter Sondag in die vroeë oggendure in die hospitaal aan sy erge brandwonde gesterf het.

Hy het sy ma buite die huis op die grond aangetref, sê Van der Riet.

“Sy het gebel en gesê die huis brand, maar ek het gesukkel om by haar uit te kom omdat die verkeer swaar was weens die brande,” sê hy.

“Dit was verskriklik om so ’n oproep te ontvang en ek was klaar te laat toe ek daar aan-kom.

“Een van die plaaswerkers het later vertel hoe hy weggehardloop het toe die brand so skielik hul huis bereik het. As hulle net saam met hom gegaan het . . . maar soos ek my ma ken, wou sy waarskynlik bly om die kat te red.”

Sy pa was ’n entjie verder van die huis.

“Die rook het waarskynlik te veel geraak vir my pa en toe probeer hy in ’n ander rigting kruip. Hy was erg gebrand. Ek het hom verder in die pad afgesleep, toe ’n ambulans van die Relay-nooddiens – wat ek op die hoofpad om hulp gevra het – daar aankom om te help.”

Sy pa was egter te erg beseer.

“As hy oorleef het, sou dit sy hart gebreek het om te sien wat van die huis oorgebly het waar hulle al 26 jaar woon,” sê Van der Riet.

“Dit het nooit voorheen in dié gebied gebrand nie en toe die wind draai, het dit skielik opgevlam.”

Josh van der Riet, een van hul kleinkinders, beaam dít. “Ons het gedink daar was geen ge-vaar nie, anders sou hulle die huis verlaat het,” sê Josh.

“Toe die vlamme kom, het dit waarskynlik sekondes geneem om die huis te verswelg.”

Hulle was eenvoudige mense, sê Van der Riet.

“My pa het herstelwerk aan trekkers gedoen, want hy kon nie stilsit nie en my ma was ’n ongelooflike mens. Sy was die laaste persoon wat verdien het om seer te kry.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

8 great natural remedies for your pet

Tips and tricks to cure your pet’s itches and coughs, naturally.

 
 

Paws

Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
11 animals before and after they were adopted from shelters
Competition pet grooming – creative or too extreme?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.